1814
Voorkoms
1814 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1809 | 1810 | 1811 | 1812 | 1813 | ◄ 1814 ► | 1815 | 1816 | 1817 | 1818 | 1819 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1814 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Josephine de Beauharnais | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1814 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 6 April – Napoleon tree af vir die eerste keer en word na die eiland Elba verban.
- 18 Mei – Pous Pius VII publiseer Il trionfo oor die terugkeer na Rome.
- 24 Mei – Pous Pius VII keer terug na Rome uit gevangeskap in Frankryk.
- 16 Junie – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) keer terug na Montalto na sy gevangeskap in Frankryk.
- 22 Julie – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) dra Pous Pius VII se gelukwensing oor aan koning Lodewyk XVIII met sy heraanstelling na die val van Napoleon.
- 7 Augustus – Pous Pius VII herstel die Jesuǐte in ere.
- 24 Augustus – Washington, D.C. word afgebrand tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. Die mure van die Withuis word daarna wit geverf om die rookskade te bedek.
- Oktober – Die Koninkryk Hannover word deur die Kongres van Wene gestig.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Hong Xiuquan, leier van die Taiping-rebellie teen die Qing-dinastie († 1864).
- 24 Januarie – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal († 1883).
- 27 Januarie – Eugène Viollet-le-Duc, Franse argitek († 1879).
- 27 Mei – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog († 1898).
- 19 Julie – Samuel Colt, Amerikaanse uitvinder van die rewolwer († 1862).
- 2 Augustus – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad genoem is († 1905).
- 10 Augustus – Henri Nestlé, grondlegger van die gelyknamige voedselmaatskappy Nestlé, en uitvinder van Melkpoeier.
- 28 Augustus – Sheridan Le Fanu, Ierse skrywer van Gotiese romans († 1873).
- 2 September – Ds. Dirk van der Hoff, ontwerper van die Transvaalse Vierkleur en stigter van die Nederduitsch Hervormde Kerk († 1881).
- 13 September – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar († 1903).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 7 Januarie – Ira Allen, een van die stigtervaders van die Amerikaanse deelstaat Vermont (* 1751)
- 29 Mei – Joséphine de Beauharnais, keiserin van Frankryk (* 1763).
- 31 Augustus – Arthur Phillip, die eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet (* 1738).
- 2 Desember – Die Markies de Sade, Franse edelman en erotikus, in Parys (* 1740).