1867
Voorkoms
1867 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1862 | 1863 | 1864 | 1865 | 1866 | ◄ 1867 ► | 1868 | 1869 | 1870 | 1871 | 1872 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1867 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Honolulu in 1867 deur George Henry Burgess | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1867 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 13 Februarie – Die première van die Blou Donau.
- 1 Maart – Nebraska word die 37ste deelstaat van die Verenigde State.
- 30 Maart – Alaska word gekoop vir $7.2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) deur die Verenigde State van Amerika se Staatsekretaris William H. Seward. Die media noem dit Seward's Folly.
- 8 Junie – Frans Josef word gekroon as koning van Hongarye.
- 1 Julie – Die Kanadese Federasie word volgens die British North America Act deur die vier provinsies Nieu-Brunswyk, Nova Scotia, Ontario en Quebec gestig, en ontvang sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- Swael word ontdek in ondergrondse neerslae in Louisiana en Texas.
- Die ontwerp van die QWERTY-sleutelbord word gepatenteer deur Christopher Sholes.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 26 Januarie – Ds. Paul Nel, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk († 1943).
- 20 Maart – Bob Snedden, Suid-Afrika se tweede Springbokkaptein († 1931).
- 25 Maart – Arturo Toscanini, Italiaanse dirigent, († 1957).
- 26 Maart – Sir Arnold Theiler, 'n Suid-Afrikaanse bakterioloog († 1936).
- 17 Mei – Gerrit Mannoury, Nederlandse filosoof en wiskundige († 1956).
- 8 Junie – Frank Lloyd Wright, Amerikaanse argitek († 1959).
- 2 Julie – A.A.S. le Fleur, visioenêre Griekwaleier († 1941).
- 29 Julie – Berthold Oppenheim, rabbi († 1942).
- 14 Augustus – John Galsworthy, Engelse romanskrywer en dramaturg, Nobelprys-wenner († 1933).
- 15 Augustus – Ambrose Lomax, Suid-Afrikaanse apteker en fotograaf († 1943).
- 23 Augustus – Edgar de Wahl , skepper was van die kunsmatige taal Interlingue († 1948).
- 21 September – Henry L. Stimson, Amerikaanse politikus († 1950).
- 2 Oktober – Majoor James Stevenson-Hamilton in Skotland. Met sy aftrede is sy droom van die stigting van die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika bewaarheid († 1957).
- 7 November – Marie Curie, Poolse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1911 en Fisika, 1903 († 1934).
- 27 November – Charles Koechlin, Franse komponis.(† 1950).
- 5 Desember – Józef Piłsudski, president van Pole († 1935).
- 14 Desember – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein († 1904).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 11 Junie – Jean Pierre Pellissier, Franse sendeling en stamvader van 'n bekende Afrikaanse familie (* 1808).
- 19 Junie – Keiser Maksimiliaan I van Meksiko, tereggestel (* 1832).
- 25 Augustus – Michael Faraday, Britse fisikus (* 1791)
- 21 September – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter (* 1824).