2017-aanval op Manchester

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Op 22 Mei 2017 ontplof 'n bom in die voorportaal van die 21 000-sitplek Manchester Arena in Manchester, Verenigde Koninkryk, nes Ariana Grande se konsert daar tot 'n einde kom.[1] Die ontploffing het plaasgevind om 22:33 BST (UTC+01:00, d.i. 23:33 SAST) en het 23 mense om die lewe gebring en 116 beseer.[2][3][1] Salman Ramadan Abedi was die 22-jarige man wat volgens berigte die aanval uitgevoer het deur gebruik te maak van 'n tuisgemaakte bom.[4]

Die Islamitiese Staat het die slagting as 'n "aanval op Kruisvaarders" beskryf en het gewaarsku dat swaarder aanvalle teen "aanbidders van die Kruis" beplan word.[5] Die aanval is die dodelikste terreurdaad in die Verenigde Koninkryk sedert Islamitiese terroriste bomme op Londense treine op 7 Julie 2005 laat afgaan het.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]