47-voet-motorreddingsboot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf 47-voet Motorreddingsboot)
Jump to navigation Jump to search
47-voet-MLB
Coast Guard Boat in Morro Bay.jpg
'n Kuswagboot in Morrobaai
Tipe Seereddingsboot
Vervaardiger Textron Marine
Bekendstelling 1997
Status In gebruik
Hoofgebruiker Amerikaanse Kuswag
Aantal gebou 227
Eenheidskoste VS$1 214 miljoen in 1997

Die 47-voet-MLB is die standaardreddingsboot van die Amerikaanse Kuswag (USCG) en verplaas 18 ton.[1] Die 47'-MLB is die opvolger van die 44'-MLB.[2]

Die 47'-MLB is ontwerp om orkaansterktewinde en rowwe see te werstaan; dit kan winde van tot 60 knope (110 km/h) trotseer, branders van tot 6 m ry en 'n impak van tot 3 G weerstaan.[1] Indien die boot sou omslaan, is dit selfregstellend in minder as tien sekondes, met alle toerusting ten volle funksioneel.[1]

Die boot se romp en bostruktuur is volledig uit 5 456 marinegraadaluminium gebou.[1] Die ontwerp het 'n diep "V"-romp met 'n versterkte boeg[3] en die 47'-MLB oorskry sy verplasingspoed. Die raamwerk is saamgestel uit 17 vertikale terugslagrame, wat elk aan die dek en romp geheg is en waarvan vyf waterdig is.[3]

Die boot kan van vier verskillende plekke af bedryf word, danksy die gemak van elektroniese beheerstelsels ("cruise-by-wire").[4] Twee van die beheerposte is op die toegeboude brug, en twee is midskeeps op 'n oop brug.[1]

Funksionele herwinningsluike is minder as 30 cm bo die waterlyn aangebring,[4] wat die redding van persone en herwinning van toerusting makliker maak.[1] 'n Waterdigte kompartement vir drenkelinge is ook met omvattende noodhulp toegerus.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.