6 Mediese Bataljongroep
Gestig | 20 Maart 1903 |
Land | Suid-Afrika |
Weermagdeel | Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens |
Tipe | Reserwe mediese bataljon |
Logo | |
Hoofkwartier | Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika |
Leuse | Optima Cura – Excellence in Care |
Kleur | Maroen |
Veldslae | Tweede Vryheidsoorlog ("Boere-oorlog") Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog Grensoorlog |
6 Mediese Bataljongroep (afgekort 6 Med Bn Gp of 6 Med) is 'n mediese bataljon van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMHS). SAMHS is die vierde dienstak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).[1]
Die eenheid vorm deel van die Mobiele Militêre Gesondheidsformasie van die SAMHS met die mandaat om omvattende Militêre Mediese Gesondheidsdienste aan die SANW te lewer tydens konvensionele operasies, deur reserwemaglede wat gevegsgereed is, in 'n militêre sowel as 'n burgerlike hoedanigheid.[2]
As 'n reserwe-eenheid het 6 Med Bn Gp 'n status wat min of meer gelykstaande is aan dié van 'n Britse weermagreserwe- of Amerikaanse weermag nasionale wag- eenheid. Die eenheid is tans gebaseer in Kempton Park in Gauteng, Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Mediese Bataljongroep (Med Bn Gp) is in die 1980's geskep om 'n kombinasie van mobiele hospitale, veldambulanseenhede en verskeie ander mediese eenhede te vervang.
8 Mobiele Hospitaal is op 5 November 1981 ontbind, toe die meerderheid van die dienende en aktiewe lede destyds by 6 Mediese Bataljongroep ingelyf is.
Daarna is alle bestaande Mediese Bataljongroepe hersaamgestel en hervorm om slegs vyf Mediese Bataljongroepe in 1992 te skep,
drie Bataljongroepe is deur die Reserwemag beman, nl
- 1 Mediese Bataljongroep (1 Med Bn Gp), gebaseer in Durban
- 3 Mediese Bataljongroep (3 Med Bn Gp), gebaseer in Kaapstad
- 6 Mediese Bataljongroep (6 Med Bn Gp), aanvanklik in Pretoria gesetel, en later in Johannesburg,
- 7 Mediese Bataljongroep (7 Med Bn Gp), gebaseer in Centurion
- 8 Mediese Bataljon Groep (8 Med Bn Gp)
So skep dit een van die drie bestaande Mediese Bataljongroepe binne die Reserwemag van die SAMS, en later, die SAMHS.
2 Mediese Bataljongroep
[wysig | wysig bron]2 Mediese Bataljongroep kan sy wortels terugspoor na die samesmelting van die volgende eenhede in 1981:
6 Mediese Bataljongroep
[wysig | wysig bron]6 Mediese Bataljongroep kan sy wortels naspoor tot die demobilisering van die volgende eenhede op 5 November 1981, en die daaropvolgende stigting van die Bataljongroep op dieselfde datum:
- 18 Veldambulans – gestig in 1940 (Gedien ook by El Alamein) [5]
- 9 Veldambulans Eenheid – gestig op 22 Augustus 1961
- 25 Field Health Company – gestig in 1965
- Mediese vervoereenheid (Despatch) – gestig in 1971
- 8 Mobiele Hospitaal – gestig in 1972 (Hierdie eenheid het die grootste kontingent vrywillige lede aan 6 Med Bn Gp verskaf tydens die vorming van die bataljon op 1 Mei 1982)
- 81 Veldambulans Eenheid – gestig in 1975
Hoofkwartier
[wysig | wysig bron]6 Mediese Bataljongroep het verskeie hoofkwartiere sedert stigting op 1 September 1992 gehad:
- Die ongebruikte verpleegsterkombuis by die ou 1 Militêre Hospitaal in Voortrekkerhoogte tot 1993
- Gesamentlike hoofkwartier met Witwatersrand Mediese Kommandement in Braamfontein tot 1994
- Gesamentlike hoofkwartier met 7 SA-divisie in Kensington tot 1999
- Gesamentlike hoofkwartier met Gauteng Mediese Kommandement in Rietondale tot 2008
- Bataljon Hoofkwartier in Kempton Park tot hede
Struktuur
[wysig | wysig bron]6 Mediese Bataljongroep is gestruktureer volgens die standaard mediese bataljonstruktuur soos beoog deur die SAMHS vir operasionele ondersteuning aan landwaartse weermaggroepe. Dit bestaan uit
- 'n Bevelselement,
- twee operasionele vleuels,
- 'n kliniese vleuel,
- 'n Gespesialiseerde Mediese Ondersteuningsvleuel,
- 'n Magsondersteuningvleuell (insluitend logistiek en menslike hulpbronne), en
- 'n Magsvoorbereidingsvleuel (insluitend opleiding en ontwikkeling).
Die bevelstruktuur van die bataljongroep is saamgestel uit
- 'n Bevelvoerder,
- 'n Regiment Sersantmajoor,
- 'n kapelaan,
- 'n stafhoof, en
- 'n Adjudant.
Vleuelbevelvoerders en hul vleuelonderbevelvoerders sluit by die bevelstruktuur aan om die Bevelsgroep te vorm, wat gesamentlik die aangeleenthede van die Bataljon onder leiding van die Bevelvoerder bestuur.
Die operasionele samestelling van die bataljon sluit die meeste van die mediese dissiplines in wat verband hou met die lewering van 1ste en 2de linies mediese ondersteuning, met statutêre aanstellings soos Mediese Beamptes, Verpleegkundiges, Tandheelkundiges en die Operasionele Mediese Ordonnanse.
Ere-kolonel
[wysig | wysig bron]Op 4 Julie 2008 is die destydse Uitvoerende Burgemeester van Tshwane, Dr Gwendoline M. Ramokgopa, ingehuldig as die eerste Erekolonel van 6 Mediese Bataljongroep by die Tshwane Stadsaal na 'n parade deur die strate van Pretoria.[6]
Vaardigheidskenteken
[wysig | wysig bron]Vaardigheidskentekens van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMHS) | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Mediese dokter | Verpleegster | Tandarts | Apteker | Sielkundige | Veearts | Maatskaplike werker |
Gesondheids- inspekteur |
Hoefsmid | Administratief | Bykomende Gesondheid | Ops Medic | |||
Toerusting
[wysig | wysig bron]Wapens
[wysig | wysig bron]Die belangrikste persoonlike wapen van operasioneel ontplooide lede van die bataljon is die R5-aanvalsgeweer, terwyl adjudantoffisiere en offisiere gewoonlik met 'n 9 mm-pistool as 'n persoonlike sywapen uitgereik word.
SA Militêre Gesondheidsdienslede word nie ingesluit in die gevegsarm van 'n militêre mag nie, maar kry wapens uitgereik vir persoonlike beskerming en die beskerming van hul pasiënte, in ooreenstemming met Artikel 15 van die Geneefse Konvensie van 1949.[7]
Voertuie
[wysig | wysig bron]Die Mfezi-ambulans is die werkesel van alle Operasionele Medici en die bataljon maak gebruik van die 17 ton gepantserde ambulans tydens operasies. Die Mfezi word deur twee mediese ordonnanse bedryf en het die kapasiteit om vier pasiënte lêend en vier sittend te hou. Die konfigurasie van die binnekant van die voertuig kan na gelang van die situasie verander word, alhoewel dit 'n werkswinkelingryping verg.
Die naam Mfezi is 'n Zoeloe-woord wat kobra beteken. Die slang is die embleem van die Suid-Afrikaanse Operasionele Mediese Ordonnanse wat hierdie voertuie bedryf, daarom is gepantserde ambulanse vernoem na slange in Suid-Afrikaanse militêre diens.
Verdere leeswerk
[wysig | wysig bron]- "Die Veldhospitale van die Republikeinse magte tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902)";
geskryf deur Miemie Groenewald, Dapartement van Verpleegkunde (UNISA); in "Koers" Joernaal, Vol. 61, Nr. 3, 1996 : 363-385
- "Chirurgiese Behandeling van Gewondes tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902)";
referaat deur Arnold van Wyk; Deel van 'n Unieke herdenkings-geleentheid met die tema "Afrikanerperspektiewe op die Anglo-Boereoorlog"; deur die FAK, in samewerking met die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke; te Bloemfontein; op 29 en 30 Mei 1998
- "Militêre Geneeskunde gedurende die vorige jare (Deel 1: 1860 - 1910)";
geskryf deur Lt. AE van Jaarsveldt; in Scientia Militaria: Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Militêre Studies, Vol. 6, nr. 4, 1976 : 1-14
- "Die SAGD - Sy ontstaan en Ontwikkeling";
Geskryf deur KO CML Pretorius, in Scientia Militaria: South African Journal of Military Studies, Vol. 12, Nr. 2, 1982 : 38 - 45
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "South African National Defence Force Act, Act 42 of 2002" (PDF). dod.mil.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 September 2015. Besoek op 11 Februarie 2015.
- ↑ "Fact file: The Medical Battalion Group". defenceweb.co.za. DefenceWeb. 25 November 2008. Besoek op 24 April 2015.
Fact file: The Medical Battalion Group
- ↑ "SADF.info".
- ↑ GG/502/1/4 dated 10 February 1982
- ↑ "British Forces: Battle of El Alamein: 23 October 1942" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Februarie 2015. Besoek op 7 Februarie 2015.
- ↑ "media statements". dod.mil.za.
- ↑ "1949 Geneva Convention (I) for the Amelioration of the Condition of the Wounded and Sick in Armed Forces in the Field - Centre for International Law". nus.edu.sg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2014. Besoek op 9 Januarie 2015.