Abdullah Adams

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Abdullah Adams Sportportaal
Bynaam Meneer
Geboortedatum ~1908
Sterftedatum 2001
Beroep Skoolhoof
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Haker
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Roslyns

Abdullah Adams (1908?-2001) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in 1939, gedurende die apartheidsjare, die bruin Springbokspan verteenwoordig het.[1] Tussen 1928 en 1948 het hy vir die Westelike Provinsie (WP) se span vir bruin spelers uitgedraf. In 1946 en 1947 was hy die spankaptein. Tydens die WP Rugbyvoetbalunie se eeufeesviering in 1986[2] is hy as die beste haker en kaptein in die eerste 100 jaar van die unie se bestaan aangewys. Adams was van 1950 tot 1976 die hoof van die Rahmaniyah-laerskool in Kaapstad. Die posisie het aan hom die bynaam van "meneer" besorg.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Dol lei WP se bestes, Die Burger, 2 Oktober 1986