Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland (sic) (Engels: Afrikaans Christian Church of New Zealand) is 'n Afrikaanstalige kerk met gemeentes in verskeie stede in Nieu-Seeland. Die kerk is in 1998 deur Suid-Afrikaanse immigrante gestig, en het sterk gegroei in die afgelope dekade. Daar was in 2009 nege gemeentes: Auckland, North Shore, Howick, Hamilton, Wellington, Christchurch, Rotoroa, Tauranga en Hawkes Bay.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die einde van apartheid het tot grootskaalse emigrasie van Afrikaners na onder andere Nieu-Seeland gelei.[1] 'n Groep emigrante het in 1998 in Auckland byeen gekom en die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland gestig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Destination New Zealand: A history of the Afrikaans Christian Church of New Zealand". HTS Teologiese Studies / Theological Studies. 71 (3). 13 Oktober 2015. Besoek op 29 Julie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland[dooie skakel]