Afrikaanse knorhaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Afrikaanse knorhaan
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Scorpaeniformes
Familie: Triglidae
Genus: Trigloporus
J. L. B. Smith, 1934
Spesie: T. lastoviza
Binomiale naam
Trigloporus lastoviza
(Bonnaterre, 1788)

Die Afrikaanse knorhaan (Trigloporus lastoviza) is 'n vis wat voorkom aan die suidelike kus van KwaZulu-Natal en die kus van die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die African gurnard.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 60cm lank. Die lyf is gevlek met rooi, bruin en wit skakerings. Die pektorale vinne het skouspelagtige blou, helder vlekke op op 'n groen agtergrond. Die bokant van die kop is soms ligpers. Hulle leef in aflandige riwwe en sanderige areas in water wat 25 tot 150m diep is. Die visse is alleenlopers en lê op die bodem en wag om skaaldiere te vang.

Dit is die enigste spesie in die genus.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]