Hoogtevrees

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Akrofobie)
Jump to navigation Jump to search
Die CN Tower in Toronto se glasvloer is genoeg om enige mens koue rilling te gee.

Hoogtevrees is die vrees wat mense vir hoogtes het. Hierdie angs bestaan in 'n meerdere of mindere mate by alle mense. Indien die angs buitensporige vorme aanneem, praat mens van akrofobie.[1] Akrofobie het baie met dieptevrees in gemeen. Beide fobies hou met die vrees om te val verband.

Akrofobie is 'n baie spesifieke fobie en kan net soos die meeste ander fobies met gedragsterapie behandel word. Mense wat aan akrofobie ly kan dikwels aan sekere hoë plekke, soos 'n woonstel, gewoond raak. Die angs kan egter terugkeer as die persoon vir 'n lang tyd nie aan hoogtes blootgestel is nie.

Daar is verskillende vorme van hoogtevrees:

  • Kognitiewe hoogtevrees word deur angsgedagtes veroorsaak, soos die angs om te (kan) spring of dat 'n konstruksie nie sterk genoeg is nie.
  • Optiese hoogtevrees kan (sonder bygedagtes) paniek veroorsaak. Byvoorbeeld as iemand vanuit 'n woonstel se venster afkyk.

Hoogtevrees kan 'n kombinasie van kognitiewe en optiese hoogtevrees wees. Spanning kan ook hoogtevrees aanwakker. In so 'n geval kan die hoogtevrees verdwyn as die persoon weer rustig en minder gespanne raak.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Emmelkamp, P.M.G. , Hoogduin, C.A.L. & Hout, M.A. van den (1994). Angsstoornissen. In W. Vandereycken, C.A.L. Hoogduin en P.M.G. Emmelkamp (Red.) , Handboek psychopathologie. deel 1. Basisbegrippen.(2de druk) (pp. 204-241). Houten/Zaventum: Bohn Stafleu Van Loghum.