Al Capone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Al Capone op 17 Junie 1931.

Alphonse Gabriel Capone (17 Januarie 1899 - 25 Januarie 1947) algemeen bekend as Al 'Scarface' Capone was 'n berugte Amerikaanse bendeleier in die 1920's en 1930's, alhoewel daar klaarblyklik "tweedehandse meubelhandelaar" op sy besigheidskaatjie gestaan het.

Alphonse Capone is gebore in Brooklyn, New York Stad, waar hy betrokke was in kleindiefstal en waar hy ook 'n snywond opgedoen het vanwaar hy sy bynaam gekry het. Hy het verhuis na Chicago gedurende sy opgang in die kriminele wêreld.

Hy is veral bekend vir sy aandeel in die 'St Valentine's Day Massacre' in Chicago, waar sewe lede van 'n ander bende koelbloedig geskiet is op 14 Februarie 1929.