Al lê die berge nog so blou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
"Al lê die berge nog so blou"
Genre  Afrikaanse volksmusiek
Woorde  Tradisioneel
Melodie  Volkswysie
Verwerking  H. Pieter van der Westhuizen, 1978
Portaal  Portaalicoon   Musiek

"Al lê die berge nog so blou" is ’n gewilde Afrikaanse volksliedjie. Dit is as lied 165 in die FAK-sangbundel opgeneem.[1]

Woorde[wysig | wysig bron]

Al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
haar woorde sal ek steeds onthou.

Maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
haar woorde sal ek nooit vergeet.

Nou gaan sy weg met 'n lekker hart,
nou gaan sy weg met 'n lekker hart,
nou gaan sy weg met 'n lekker hart,
hier sit ek nou in pyn en smart.

Al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
dan troos ek my aan die môrester.

Verwysings[wysig | wysig bron]