Gaan na inhoud

Alan Arkin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alan Arkin
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Arkin in 1975.

Geboortenaam Alan Wolf Arkin
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur en regisseur
Aktiewe jare 1957 – 2023
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Arkin en sy vrou, Suzanne in 2012.

Alan Wolf Arkin (26 Maart 1934 – 29 Junie 2023) was 'n Amerikaanse akteur, regisseur, komediant en musikant met ’n loopbaan wat oor byna ses dekades gestrek het.[1][2] Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Edward Scissorhands (1990), Glengarry Glen Ross (1992), Little Miss Sunshine (2006), en Argo (2012). Hy was van Joodse afkoms.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Arkin, wat van 10-jarige ouderdom af toneelspellesse geneem het, het aan verskeie drama-instellings studeer.[3] Hy het die folkgroep The Tarriers saam met twee vriende gestig; Arkin het gesing en kitaar gespeel. Van 1958 tot 1968 het hy saam met die kindergroep The Baby Sitters gesing.[4] Hy het ook in die operette Candide gesing. In die 1960's was hy ’n vroeë lid van die komediegeselskap The Second City.[5]

Hy is bekend vir sy spel in prente soos The Russians Are Coming, the Russians Are Coming (1966), Wait Until Dark (1967), The Heart Is a Lonely Hunter (1968), Catch-22 (1970), The In-Laws (1979), Edward Scissorhands (1990), Glengarry Glen Ross (1992), Little Miss Sunshine (2006) en Argo (2012).

Hy is benoem vir twee Oscars vir beste akteur, vir The Russians Are Coming, the Russians Are Coming en The Heart Is a Lonely Hunter, en een vir beste manlike byspeler vir Argo. Met eersgenoemde het hy een van net ses mense[6] geword wat ’n Oscar-benoeming vir beste akteur vir sy eerste rolprentrol gekry het. Hy het dié prys vir beste manlike byspeler gewen vir Little Miss Sunshine, wat tot dusver sy enigste Oscar is.

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Rolprente

[wysig | wysig bron]
  • 1966: The Russians Are Coming! The Russians Are Coming!
  • 1967: Wait Until Dark
  • 1968: The Heart Is a Lonely Hunter
  • 1968: Inspector Clouseau
  • 1969: Popi
  • 1970: Catch-22
  • 1971: Little Murders
  • 1972: Last of the Red Hot Lovers
  • 1973: Deadhead Miles
  • 1974: Freebie and the Bean
  • 1975: Rafferty and the Gold Dust Twins
  • 1976: The Seven-Per-Cent Solution
  • 1976: America at the Movies
  • 1977: Fire Sale
  • 1979: The In-Laws
  • 1979: The Magician of Lublin
  • 1980: Simon
  • 1981: Chu Chu and the Philly Flash
  • 1981: Improper Channels
  • 1982: The Last Unicorn
  • 1983: The Return of Captain Invincible
  • 1985: Bad Medicine
  • 1985: Joshua Then and Now
  • 1986: Big Trouble
  • 1990: Edward Scissorhands
  • 1990: Havana
  • 1991: The Rocketeer
  • 1992: Glengarry Glen Ross
  • 1993: Indian Summer
  • 1995: The Jerky Boys
  • 1995: Steal Big Steal Little
  • 1997: Four Days in September
  • 1998: Slums of Beverly Hills
  • 2000: Magicians
  • 2001: Thirteen Conversations About One Thing
  • 2004: Eros
  • 2004: Noel
  • 2006: Little Miss Sunshine
  • 2006: Raising Flagg
  • 2007: Rendition
  • 2008: Get Smart
  • 2008: Sunshine Cleaning
  • 2009: The Private Lives of Pippa Lee
  • 2011: Thin Ice
  • 2012: Argo
  • 2012: Stand Up Guys
  • 2013: Grudge Match
  • 2014: Million Dollar Arm
  • 2016: Naples '44
  • 2017: Going in Style
  • Sills

Televisiereekse

[wysig | wysig bron]
  • 1955: Captain Kangaroo
  • 1971: The Great American Dream Machine
  • 1979: Carol Burnett & Company
  • 1987: Harry
  • 2001: 100 Centre Street
  • 2006: History in Focus
  • 2012: The Hollywood Fast Lane
  • 2012: MSN Exclusives
  • 2018: The Kominsky Method

Televisierolprente

[wysig | wysig bron]
  • 1975: Twigs
  • 1978: The Defection of Simas Kudirka
  • 1978: The Other Side of Hell
  • 1982: Two Guys from Muck
  • 1985: The Fourth Wise Man
  • 1986: A Deadly Business
  • 1987: Escape from Sobibor
  • 1988: Necessary Parties
  • 1990: In the Director's Chair: The Man Who Invented Edward Scissorhands
  • 1994: Doomsday Gun
  • 1996: Heck's Way Home
  • 2001: Second to None
  • 2003: The Pentagon Papers
  • 2003: And Starring Pancho Villa as Himself
  • 2009: Premio Internazionale del Cinema Rodolfo Valentino. XXXII Edizione

Video's

[wysig | wysig bron]
  • 1990: Havana: Featurette
  • 2003: A Look in the Dark
  • 2008: Wisdom
  • 2013: The Lowdown on Making Stand Up Guys
  • 2013: Stand Up Guys: The Stand Up Songs of Jon Bon Jovi
  • 2013: Stand Up Guys: American Muscle - The Stand Up Stunt Driving Scenes

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. https://variety.com/2023/film/obituaries-people-news/alan-arkin-dead-little-miss-sunshine-argo-1235658718/
  2. Alan Arkin in die Internet-rolprentdatabasis
  3. Farrell, Barry. "Yossarian in Connecticut: Since Catch-22, actor's actor Alan Arkin finally stars as ... Alan Arkin" Life. Oktober 1970.
  4. "Alan Arkin Biography". Hollywood.com. Besoek op 9 April 2007.
  5. Rabin, Nathan (2 Augustus 2006). "Interview: Alan Arkin". The Onion AV Club (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013. Besoek op 20 Maart 2009.
  6. Best Actor. FilmSite.org.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]