Algerië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية (Arabies)
ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ (Berbers)
Demokratiese Volksrepubliek van Algerië
Vlag van Algerië Seël van Algerië
Vlag Seël
Nasionale leuse: بالشّعب وللشّعب[1][2]
(Arabies vir: "Deur die volk en vir die volk")
Volkslied: Kassaman
(Arabies vir: "Ons belowe")
Ligging van Algerië
Hoofstad Algiers

36°42′N 3°13′O / 36.700°N 3.217°O / 36.700; 3.217

Grootste stad Algiers
Amptelike tale Arabies[3] en Berbers[4]
Regering Unitêre semi-presidensiële
volksrepubliek
Abdelaziz Bouteflika
Ahmed Ouyahia
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken

van Frankryk
3 Julie 1962
5 Julie 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 381 741 km2  (10de)
919 595 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
40 400 000[5] (33ste)
37 900 000[5]
15,9 / km2 (208ste)
41,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$634,746 miljard[6]
$15 282[6]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$173,947 miljard[6]
$4 187[6]

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,736[7] (83ste)  –  hoog
Gini (1995) 35,3[8] –  medium
Geldeenheid Dinar (DZD)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .dz, الجزائر.
Skakelkode +213

Algerië (Arabies: الجزائر‎‎, al-Jazā'ir; Berbers: ⴷⵣⴰⵢⴻⵔ, Dzayer, Frans: Algérie), amptelik die Demokratiese Volksrepubliek van Algerië (Arabies: الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية; Berbers: ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ), is 'n groot, bergagtige land in Noord-Afrika en die grootste land van Afrika, effens groter as die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan die Middellandse See. In die suide grens dit, van wes na oos, aan Wes-Sahara, Mauritanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Dit vorm saam met Marokko en Tunisië, waartussen dit lê, die Magreb (of Tamazgha).

Nasa-satellietbeeld van Algerië
Kaart van Algerië
Topografiese kaart van Algerië

Algerië het 'n ou Berber-beskawing wat dateer uit die jaar 200 v.C. tydens die Berber-koninkryk Numidië. Algerië was tussen 1830 en 1962 'n kolonie van Frankryk. Die land het op 5 Julie 1962 onafhanklik geword.

Die hoofstad en grootste stad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.

Onlangse geskiedenis[wysig | wysig bron]

Sedert 1992 beveg die Algerynse regering diverse groepe Islamitiese ekstremiste. Veral deur terreuraksies van hierdie groepe, het tienduisende mense in dorpe en stede in die noorde van Algerië gesterf. Die land ly ook onder werkloosheid, watertekort en behuisingsnood. In 2003 is die noorde deur 'n sterk aardbewing getref.

Data[wysig | wysig bron]

Basisgegewens[wysig | wysig bron]

Bevolking[wysig | wysig bron]

Bestuur[wysig | wysig bron]

Algerië is 'n republiek. Die parlement bestaan uit 'n nasionale vergadering van 389 lede wat elke 5 jaar verkies word, en 'n nasionale raad met 96 indirek gekose en 48 deur die president benoemde lede; elke 3 jaar word die helfte van die lede verkies. Die president word elke 5 jaar regstreeks verkies.

  • President: Abdelaziz Bouteflika (sedert April 1999)
  • Regeringsleier: Ahmed Ouyahia (sedert Augustus 2017)
  • Partye met aantal setels (verkiesing Mei 2002):
    • FLN (Front de Libération Nationale) 199 van 389; nasionale raad: 10 van 96 gekose lede
    • RND (Rassemblement National Démocratique): 48 – 80
    • MRN (Mouvement de la Réforme Nationale; gematig Islamities): 43 – 0
    • MSP (Mouvement de la Société de la Paix; gematig Islamities): 38 – 2
    • PT (Parti des Travailleurs): 21 – 0
    • Ander partye: 11 – 4
    • Onafhanklikes: 29 – 0

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (ar) "Constitution of Algeria, Art. 11". El-mouradia.dz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2012. Verkry op 17 Januarie 2013. 
  2. (en) "Constitution of Algeria; Art. 11". Apn-dz.org. 28 November 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2013. Verkry op 17 Januarie 2013. 
  3. (en) "Constitution of Algeria; Art. 3". Apn-dz.org. 28 November 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2013. Verkry op 17 Januarie 2013. 
  4. (en) "APS" (PDF). Algeria Press Service. 6 Januarie 2016. Verkry op 6 Januarie 2016. 
  5. 5,0 5,1 (fr) "Démographie (ONS)". ONS. 19 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2012. Verkry op 19 Januarie 2014. 
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Algerië". Internasionale Monetêre Fonds. Verkry op 16 Augustus 2017. 
  7. (en) "2015 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 14 Desember 2015. pp. 21–25. Verkry op 16 Augustus 2017. 
  8. (en) Staff. "Distribution of Family Income – Gini Index". The World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2010. Verkry op 16 Augustus 2017. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika