Alice se avonture in Wonderland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alice se avonture in Wonderland
Alice par John Tenniel 25.png
Outeur Lewis Carroll
Taal Oorspronklik Engels
Genre Fantasie
Uitgewer Macmillan & Kie. Bpk.
Uitgegee 26 November 1865
ISBN 978-0-7981-5151-1
Vervolg Alice deur die Spieël
Letterkunde-portaal

Alice se avonture in Wonderland is 'n kinderboek oor 'n meisie met die naam Alice en die vreemde avonture wat sy beleef.[1] Die boek is deur Charles Lutwidge Dodgson (onder die skuilnaam Lewis Carroll) geskryf en deur John Tenniel geïllustreer. Die titel word gewoonlik na Alice in Wonderland verkort. Dit is aanvanklik op 26 November 1865 deur Macmillan & Kie. Bpk. in Londen gepubliseer. Sedertdien is dit in verskeie tale (waaronder Afrikaans) vertaal en ook vir ander media (soos TV-reekse en rolprente) verwerk.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Edith, Lorina, en Alice Liddell in 1859 (afgeneem deur Dodgson).

Die storie is aanvanklik aan drie klein dogtertjies op 'n uitstappie vertel. Een van hulle was Alice Liddell. Alice het Dodgson gevra om die storie neer te pen. Dodgson het die taak aanvaar en die boek oor 'n tydperk van twee jaar onder die pennaam, Lewis Carroll, geskryf.

Die storie is aanvanklik Alice se Avonture Onder die Grond genoem. Toe Dodgson die storie vir publikasie voorberei, het hy meer gebeure bygevoeg, nuwe karakters ingebring en die tittel na Alice se avonture in Wonderland hernoem.

Die storie was so gewild, dat Dodgson 'n opvolg, genaamd Alice deur die Spieël (Through the Looking-Glass), geskryf het. Beide hierdie boeke is in Afrikaans beskikbaar.

Storielyn[wysig | wysig bron]

Die Wit Konyn.

Die verhaal begin met Alice wat saam met haar suster langs 'n dam sit. Skielik hardloop 'n wit hasie (konyn) verby. Alice hardloop agterna en kom op die haas se gat af, waarna sy daarin val. Sy ontmoet talle karakters onder die grond en beleef ongelooflike avonture daar. Sy word groter of kleiner deur verskillende dinge, soos koeke en sampioene, te eet. Aan die einde gaan sy 'n pragtige tuin binne. 'n Boef word vir die steel van 'n paar terte aangekla. 'n Verhoor word gehou, maar Alice dink dis belaglik. Almal neem egter aanstoot toe sy dit sê. Toe Alice wakker skrik, is sy weer terug waar sy begin het, langs die dam met haar suster.

Van die karakters wat Alice teëkom sluit in: die Cheshirekat, Die Hertogin, Die koning en koningin van Harte, die Wit Konyn, die Hoedemaker en die Paashaas, die Kammaskilpad en die Griffioen.

Verdere naleeswerk[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]