Amazon.com

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Amazon.com, Inc.
Amazon.com-Logo.svg
Amazon Tower I topped out, June 2015.jpg
Tipe Openbaar
Gestig 1994
Hoofkantoor Seattle, Washington,V.S.A.
SleutelpersoneJeffrey P. Bezos (voorsitter, president en hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
Industriee-Handel
ProdukteA2Z Development, A9.com, Alexa Internet, Amazon.com, Amazon Kindle, Amazon Studios, Amazon Web Services, Audible.com, digital Photography Review (dpreview.com), Endless.com, Internet Movie Database (IMDb), LoveFilm, The Book Depository, Zappos.com, Woot, Junglee.com, goodreads.com, myhabit.com, askville
DiensteWolkdienste
InkomsteGreen Arrow Up Darker.svg $ 107 miljard (2015)
BedryfsinkomsteGreen Arrow Up Darker.svg $ 2,2 miljard (2015)
Netto inkomsteGreen Arrow Up Darker.svg $ 596 miljoen (2015)
Werknemers230 800 (Desember 2015)
Webwerfamazon.com

Amazon.com, Inc. is 'n Amerikaanse multinasionale elektroniese handelsmaatskappy wat sy hoofkwartier in Seattle, Washington het. Dit is die wêreld se grootste aanlyn-handelaar. Daarnaas vervaardig Amazon ook elektroniese verbruikersware soos die Amazon Kindle-reeks van e-boeklesers en die Kindle Fire-tabletrekenaar en is een van die grootste verskaffers van wolkdienste vir internet-gebruikers. In Julie 2015 het Amazon.com Walmart verbygesteek om die grootste Amerikaanse handelsreus volgens markkapitalisasie ($250 miljard) te word.[1]

Amazon het tans nasionale aanlynwinkels in die Verenigde State, Kanada, Meksiko, Brasilië, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Oostenryk, Italië, Spanje, Japan, Indië, die Volksrepubliek van China en Australië. Aanlynwinkels in Pole, Nederland en Swede sal in die nabye toekoms geopen word.

Die maatskappy is oorspronklik in Julie 1994 deur Jeff Bezos as Cadabra geïnkorporeer en het in 1995 as amazon.com aanlyn gegaan. Dit is na die Amasone-rivier in Suid-Amerika, een van die grootste riviere ter wêreld, vernoem.[2] Aanvanklik het amazon.com as aanlyn-boekwinkel opgetree, maar sy besighede vinnig uitgebrei om ook kompakskywe, DVD's, MP3-lêers, sagteware, videospelletjies, elektroniese verbruikersware, klere, meubels, kos, speelgoed en juweliersware in te sluit.

In enkele Amerikaanse metropole het Amazon sy besigheidsbelange uitgebrei na vars en bevrore kos. Klante kan tussen 20 000 produkte kies wat deur Amazon se eie vloot vragmotors afgelewer word. In Februarie 2016 het die vierde grootste Britse supermarkketting Morrison's bekend gemaak dat hulle 'n strategiese alliansie met die Amerikaanse aanlynreus gesluit het. Klante, wat op Amazon se Prime- en Pantry-programme ingeteken het, sal kos aanlyn kan bestel.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]