Amerikaanse Lugmag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amerikaanse Lugmag
Seël van die Amerikaanse Lugmag
Seël van die Amerikaanse Lugmag
Gestig 8 September 1947[1]
Land Verenigde State van Amerika
Tipe Lugmag
Spesialisasie "To fly, fight and win ... in air, space and cyberspace."[2]
Hoofkwartier Pentagon
Aantal lede 332 854 aktiewe personeel
185 522 burgerlike personeel
71 400 reserwe personeel
106 700 lugwag personeel
$140 miljard begroting
5 638+ vliegtuie
450 ICBMs
63 satelliete[3]
Kommandostruktuur Department van die Lugmag
Mars The U.S. Air Force
Kleur Ultramarien en Lugmaggeel[4]         
Veldslae Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Vlag van die Amerikaanse Lugmag
Kenteken van die Amerikaanse Lugmag
Kokarde van die Amerikaanse Lugmag

Die Amerikaanse Lugmag (Engels: United States Air Force, afgekort USAF) is dié deel van die Amerikaanse Gewapende Magte wat primêr verantwoordelik is vir oorlogvoering in die lug. Die VS lugmag word 'n afsonderlik weermagonderdeel op 18 September 1947. Voorheen was dit 'n deel van die Leër bekend as die United States Army Air Forces (afgekort USAAF).

Die Amerikaanse Lugmag is die tegnologies-meesgevorderde lugmag ter wêreld.

Op 31 Desember 2010 het die Amerikaanse Lugmag 333 772 soldate op aktiewe diens, insluitend 63 310 vroue. 'n Verdere 70 880 reserwesoldate was op die register.

Doelstellings[wysig | wysig bron]

Die taak van die lugmag was van meet af aan redelik divers: lugsuperioriteit, kernaanval, ondersteuning van die Leër en strategiese lugbrûe is maar 'n paar hiervan. Hiervoor is die lugmag verdeel in verskillende onderdele vir die noodsaaklike operasies in Europa en Asië, naamlik die Amerikaanse Lugmag in Europa en die Amerikaanse Lugmag in die Stille Oseaan.

In Nederland was daar vir 'n geruime tyd 'n lugverdedingseskader gestasioneer te Soesterberg, die 32ste (taktiese) Gevegseskader. Hulle taak was om die Nederlandse lugruim te beskerm teen indringers van die Warskoulande. Dit was die enigste eskader van die Amerikaanse Lugmag wat ooit onder die operasionele bevel ​​van 'n ander land gestaan het. Teen die einde van die Koue Oorlog is die eskader onttrek en ontbind.

Offisiersrange[wysig | wysig bron]

Salarisskaal O-1 O-2 O-3 O-4 O-5 O-6 O-7 O-8 O-9 O-10 Spesiaal1
Kenteken US-O1 insignia.svg US-O2 insignia.svg US-O3 insignia.svg US-O4 insignia.svg US-O5 insignia.svg US-O6 insignia.svg US-O7 insignia.svg US-O8 insignia.svg US-O9 insignia.svg US-O10 insignia.svg US-O11 insignia.svg
Titel Tweede
Luitenant
Eerste
Luitenant
Kaptein Majoor Luitenant
Kolonel
Kolonel Brigadier
Generaal
Generaal
-majoor
Lieutenant
Generaal
Generaal Generaal
van die Lugmag
Afkorting 2de Lt 1ste Lt Kapt Maj Lt-Kol Kol Brig-Genl Genl-Maj Lt-Genl Genl GAF
NAVO-kode OF-1 OF-2 OF-3 OF-4 OF-5 OF-6 OF-7 OF-8 OF-9 OF-10

1 Slegs toegeken gedurende tye van verklaarde oorlog.

Lugmanskappe[wysig | wysig bron]

Salarisskaal E-1 E-2 E-3 E-4 E-5 E-6 E-7 E-8 E-9
Kenteken Geen
kenteken
E2 USAF AM.svg E3 USAF AM1.svg E4 USAF SAM.svg E5 USAF SSGT.svg E6 USAF TSGT.svg E7a USAF MSGT.svg E8a USAF SMSGT.svg E9a USAF CMSGT.svg E9c USAF CCMS.svg E9d USAF CMSAF.svg
Titel Basiese
Lugman
Lugman Lugman
1ste klas
Senior
Lugman
Staf-
Sersant
Tegniese
Sersant
Meester-
Sersant
Senior
Meester-
Sersant
Hoofmeester-
Sersant
Bevels-
hoofmeester
Sersant
Hoofmeester
Sersant
van die Lugmag
Afkortings AB Amn A1C SrA SSgt TSgt MSgt SMSgt CMSgt CCM CMSAF
NAVO-kode OR-1 OR-2 OR-3 OR-4 OR-5 OR-6 OR-7 OR-8 OR-9 OR-9 OR-9

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Missions Part Two: Air Power Comes of Age in World War II, U.S. Air Force.
  2. (en) United States Air Force (September 2009). “The U.S. Air Force”. United States Air Force website. U.S. Air Force. URL besoek op 3 September 2014.
  3. (en) http://www.airforce-magazine.com/MagazineArchive/Magazine%20Documents/2012/May%202012/0512facts_figs.pdf
  4. (en) The Air Force Flag”. Air Force Historical Research Agency. United States Air Force: 24 Maart 2007. URL besoek op 3 September 2014.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.