Amerikaanse kolonies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amerikaanse kolonies

Die Verenigde State van Amerika het hul kolonies verkry deur die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898. Spanje het toe sy laaste steunpunte in die Karibiese gebied verloor;

Op Kuba het die VSA die Baai van Guantánamo beset, waar hulle tot vandag 'n militêre basis behou (teen die wil van Kuba). In 1999 is die Panamakanaalsone oorgedra aan Panama. Puerto Rico is nou nog Amerikaans, maar geniet 'n groot mate van outonomie en gebruik bowendien Spaans as amptelike taal.

Verder het Amerika in 1898 in die Stille Oseaangebied die Filippyne en Guam van Spanje verower. Die Filippyne het in 1946 onafhanklikheid verkry, terwyl Guam, die Noordelike Mariana-eilande en baie andere eilande (Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika en Klein afgeleë eilande van die Verenigde State van Amerika) in die Stille Oseaan vir strategiese doeleinde deur die Amerikaners behou is.


Koloniale ryke

Vlag van Verenigde State Amerikaans
Vlag van Frankryk Frans
Vlag van Noorweë Noors

Vlag van Australië Australies
Vlag van Oostenryk-Hongarye Habsburgs
Vlag van Ottomaanse Ryk Ottomaans

Vlag van België Belgies
Vlag van Italië Italiaans
Vlag van Portugal Portugees

Vlag van Verenigde Koninkryk Brits
Vlag van Japan Japannees
Vlag van Rusland Russies

Vlag van Denemarke Deens
Flag of Courland (state).svg Koers
Vlag van Spanje Spaans

Vlag van Duitse Keiserryk Duits
Vlag van Nederland Nederlands
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaans

Vlag van Engeland Engels
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seelands
Naval Ensign of Sweden.svg Sweeds