Anaboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Anaboom
Faidherbia albida.JPG
Faidherbia albida saam met palms en mielies.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
F. albida
Binomiale naam
Faidherbia albida
Faidherbia alba Distribution Map.svg
Verspreiding van Faidherbia albida
Faidherbia albida

Die Anaboom (Faidherbia albida) - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo en Mpumalanga, asook eSwatini en KwaZulu-Natal. Alhoewel Akasias met aarvormige blomme ook byna altyd haakdorings het, is die Anaboom die uitsondering. Die blomme is roomwit in are en die dorings is reguit - tot sowat 2 cm lank. Die boom word tot 30 m hoog. Die boom dra buitengewoon groot, gekromde helder oranje tot rooierige peule. Die peule word deur vee en wild gevreet.[1]

Die boom is die enigste spesie in die genus Faidherbia, wat aan die sub-familie Mimosoideae behoort en op sy beurt weer aan die familie Fabaceae behoort.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave (2000). Algemene gids tot BOME. p. 59. ISBN 1-86872-527-8.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]