Angus Buchan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Angus Buchan
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Angus Buchan tydens die 2010 Mighty Men-konferensie.

Gebore 5 Augustus 1947
Noord-Rhodesië
Beroep Boer, evangelis
Godsdienstige oortuiging Christen
Huweliksmaat Jill Buchan
Kind(ers) Robyn, Jilly, Andrew en Fergus
Angus Buchan biddend op 'n Mighty Men-saamtrek.

Angus Buchan was oorspronklik 'n Zambiese mielie- en bees-boer van Skotse herkoms[1]. Nadat hy in 1978 gedwing is om alles weens politieke onrus in die land te verkoop, verhuis hy na Greytown, KwaZulu-Natal in Suid-Afrika.

In 1980 stig hy die Shalom Ministries om vir sy plaaslike gemeenskap te preek[2]. Met verloop van tyd word hy 'n voltydse evangelis, terwyl sy plaas deur beide sy seuns bestuur word. Die Shalom Ministries bedryf die Bet-Hatlaim-weeshuis met ongeveer 25 kinders, en die Halalisani-plaasskool met ongeveer 200 leerlinge.[3]

In 1998 skryf Angus 'n boek oor sy lewe, getiteld "Faith Like Potatoes". Die boek is verfilm en onder dieselfde titel in 2006 uitgereik.

Hy was (saam met die Shalom-trust) die organiseerder van die Mighty Men-konferensie. Die konferensie begin aanvanklik met 40 mense en groei eksponensieel tot daar meer as 200,000 mans in 2009 opdaag[4][5]. Die sewende konferensie in 2010 het meer as 400,000 mans gelok.

Buchan bied tans 'n 30 minute godsdienstige program met die naam Grassroots op e-tv aan. Die program word soggens om 8:00vm uitgesaai en word hoofsaaklik op sy plaas opgeneem.[2][6]

Verdere naleeswerk[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Angus Buchan (kategorie)

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]