Anna Bender

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Anna Bender
Geboorte1919
Piet Retief, Suid-Afrika
Afsterwe2004
Beroep(e)Pianis, outeur
Instrument(e)Klavier
Portal.svg Musiekportaal

Anna Bender (1919-2004) was 'n Suid-Afrikaanse pianis en outeur.

Sy is op Piet Retief gebore. Haar moeder was haar eerste leermeester, maar later het sy oorsee in Londen onderrig ontvang van I.J. Haarhoff, Isador Epstein en Louis Kentner.

In 1950 is sy as amptelike begeleidster by die destydse SAUK aangestel, en in die 20 jaar wat sy dié pos beklee het, het sy talle bekende internasionale kunstenaars begelei, onder andere Marcel Wittrisch. As solis het sy byvoorbeeld onder vooraanstaande gasdirigente soos Strawinski opgetree.

In 1975 is sy aangestel in die personeel van die Pretoriase Technikon nadat sy 'n tyd lank redaktrise van die musiektydskrif Opus was. Uit haar pen het 'n twintigtal radiopraatjies oor musiek verskyn. Sy het ook 'n boek, Vir die musiekleier, gepubliseer.

Sy was ook ʼn kampvegter vir die Afrikaanse lied en lewer 'n groot bydrae tot die optekening en bewaring van die Afrikaanse liedereskat.

Eksterne verwysing[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]