Tier-engelvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Apolemichthys kingi)
Spring na: navigasie, soek
Tier-engelvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Pomacanthidae
Genus: Apolemichthys
Spesie: A. kingi
Binomiale naam
Apolemichthys kingi
(Heemstra, 1984)

Die Tier-engelvis (Apolemichthys kingi) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor aan die ooskus vanaf Margate tot by Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Tiger angelfish.

Voorkoms[wysig]

Die boonste gedeelte van die lyf en stert is bruin tot swart met vertikale golwende geel strepe op. Die kop en onderkant van die lyf is ligter van kleur met 'n groot swart kol aan die bokant van die kieu spleet. Die rant van die dorsale- en stertvinne is wit. Die vissie word tot 25 cm groot. Die onvolwasse vissies lyk amper soos 'n vlindervis.

Habitat[wysig]

Hulle bly in koraalriwwe gewoonlik in water van 20 – 40 m diep. Die spesie is vernoem na Dennis King wat die spesie die eerste keer geïdentifiseer het.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]