15 April
Voorkoms
(Aangestuur vanaf April 15)
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
15 April is die 105de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (106de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 260 dae in hierdie jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 73 – Die Romeine verower Massada.
- 1191 – Pous Celestinus III kroon Hendrik VI en sy vrou Constance van Sisilië tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1369 – Pous Urbanus V verklaar sy peetvader Elzéar de Sabran heilig.
- 1450 – Slag van Formigny: Franse magte beëindig Engelse oorheersing in die noordelike deel van Frankryk, wat die einde van die Honderdjarige Oorlog inlui.
- 1523 – Pous Adrianus VI dwing koning Frans I tot 'n wapenstilstand met keiser Karel V.
- 1552 – Die konsilie van Trente verdaag vir die tweede keer.
- 1632 – Slag van Rain am Lech: Sweedse magte onder koning Gustav II Adolf verslaan die Heilige Romeinse Ryk tydens die Dertigjarige Oorlog.
- 1668 – Pous Clemens IX verklaar Rose van Lima salig.
- 1709 – Pous Clemens XI stel Ulisse Giuseppe Gozzadini, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Antonio Francesco Sanvitale, aartsbiskop van Urbino, aan as kardinale.
- 1738 – Premiere in Londen van Serse, 'n Italiaanse opera deur George Frideric Handel.
- 1776 – Pous Pius VI stel Luigi Valenti Gonzaga, titulêr aartsbiskop van Cesarea en Giovanni Archinto, titulêr aartsbiskop van Filippo, aan as kardinale.
- 1798 – Franse troepe beset die stad Geneve. Die stad word deur Frankryk geannekseer en bly Frans tot die verbanning van Napoleon.
- 1833 – Pous Gregorius XVI stel Lorenzo Girolamo Mattei, titulêr patriarg van Antiochië en Castruccio Castracane degli Antelminelli, sekretaris van Propaganda Fide aan as kardinale.
- 1865 – Andrew Johnson ingehuldig as die 17de President van die Verenigde State.
- 1912 – Die Titanic sink.
- 1920 – Anargiste Nicola Sacco en Bartolomeo Vanzetti vermoor volgens bewering twee veiligheidswagte terwyl hulle 'n skoenwinkel beroof.
- 1923 – Insulien word vir die eerste keer algemeen beskikbaar vir diabeteslyers.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die geallieerde magte begin hul aanval op die Noorweegse dorp Narvik.
- 1941 – Tydens 'n Duitse lugaanval op Belfast (Belfast Blitz) sterf ongeveer 1000 burgerlikes en ongeveer 100 000 mense (ongeveer 'n kwart van die bevolking) word sonder heenkome gelaat.
- 1947 – Jackie Robinson maak sy debuut vir die Los Angeles Dodgers bofbalspan, en breek so dié sport se kleurlyn.
- 1989 – Die Hillsboroughramp, een van die grootste tragedies in Europese sokker.
- 1994 – Die Marrakesh verdrag word geteken om die wêreldhandelorganisasie te vorm.
- 1997 – 'n Brand verwoes 'n kamp van Moslems wat die Hajj pelgrimreis meemaak, amptelike sterftes is 343.
- 2022 – Die FBI verklaar dat die kuberkrakers wat aan die Noord-Koreaanse kubermisdaadgroep, die Lasarus-groep gekoppel is, was verantwoordelik vir die diefstal van VSA$620 van Axie Infinity se Ronin Network in Maart 2022.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1452 – Leonardo da Vinci, Italiaanse wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, ontleedkundige, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, tuinkundige, musikant en skrywer († 1519).
- 1469 – Ghoeroe Nanak Dev, die stigter van die Sikhgeloof († 1539)
- 1558 – Hürrem Sultan, vrou van die Ottomaanse Sultan Süleyman die Manjifieke († 1502)
- 1646 – Christiaan V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1699).
- 1684 – Katharina I van Rusland, keiserin van Rusland en vrou van tsaar Pieter die Grote († 1727).
- 1707 – Leonhard Euler, Switserse wiskundige († 1783).
- 1832 – Wilhelm Busch, Duitse digter († 1908).
- 1834 – Thomas François Burgers, 'n teoloog en 'n president van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1881).
- 1843 – Henry James Amerikaanse skrywer en literêre kritikus († 1916).
- 1869 – Sarie Maré, die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” handel († 1939).
- 1874 – Johannes Stark, Duitse fisikus, Nobelpryswenner († 1957).
- 1884 – Reenen J. van Reenen, ’n Afrikaanse skrywer en besproeiings-ingenieur († 1935).
- 1889 – Tom Naudé, politikus en destyds waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika (1967–1968) († 1969).
- 1908 – Lita Grey, Amerikaanse aktrise († 1995).
- 1912 – Kim Il-sung, Noord-Koreaanse politikus († 1994).
- 1917 – Hans Conried, Amerikaanse akteur († 1982).
- 1924 – Neville Marriner, Engelse violis en dirigent († 2016).
- 1931 – Noreen Berry, Suid-Afrikaansgebore mezzosopraan († 2012).
- 1931 – Tomas Tranströmer, Sweedse digter en vertaler († 2015).
- 1933 – Elizabeth Montgomery, Amerikaanse aktrise († 1995).
- 1940 – Penny Coelen, die eerste Suid-Afrikaner wat die Mej. Wêreldtitel gewen het.
- 1945 – Dirk Coetzee, mede-stigter en bevelvoerder van die polisie-eenheid op Vlakplaas († 2013).
- 1949 – Lieb Bester, Suid-Afrikaanse akteur en musikant († 2021).
- 1950 – Taliep Petersen, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur († 2006).
- 1950 – Amy Wright, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Koos Prinsloo, Afrikaanse joernalis en skrywer van postmodernistiese kortverhale († 1994).
- 1959 – Emma Thompson, Britse akteur.
- 1959 – Thomas F. Wilson, Amerikaanse akteur.
- 1960 – Filip van België, sewende koning van België.
- 1960 – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse Minister van staatsdiens en administrasie († 2015).
- 1966 – Samantha Fox, Britse sanger en fotomodel.
- 1978 – Waldimar Pelser, joernalis, redakteur van die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport.
- 1990 – Emma Watson, Britse aktrise.
- 1993 – Burger Odendaal, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1993 – Jan Serfontein, Springbokrugbyspeler.
- 1997 – Maisie Williams, Britse aktrise.
- 2009 – Julia Butters, Amerikaanse kinderaktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 69 – Otho, Romeinse keiser (* 32).
- 1632 – Lord Baltimore, Engelse staatsman en kolonis (* 1580).
- 1652 – Patriarg Josef van Moskou, sesde Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend)
- 1765 – Michail Lomonosof, Russiese Renaissance-man, wetenskaplike en skrywer (* 1711)
- 1865 – Abraham Lincoln, Amerikaanse politikus, staatsman en 16de President van die Verenigde State (* 1809).
- 1949 – Wallace Beery, Amerikaanse akteur (* 1885).
- 1980 – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, dramaturg, skrywer, biograaf en aktivis (* 1905).
- 1990 – Greta Garbo, Sweedse aktrise (* 1905).
- 1998 – Pol Pot, Kambodjaanse diktator (* 1925).
- 2010 – Lucas Malan, Afrikaanse digter (* 1946).
- 2015 – Tadahiko Ueda, Japannese sokkerspeler (* 1947).
- 2018 – Michael Halliday, Australiese taalkundige (* 1925).
- 2018 – R. Lee Ermey, Amerikaanse akteur (* 1944).
- 2019 – Owen K. Garriott, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder (* 1930).
- 2022 – Liz Sheridan, Amerikaanse aktrise (* 1929).
Vakansies en vierings
[wysig | wysig bron]- Die Fordicia is gevier tot eer van Gaia in die Romeinse ryk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 April. |