Araf
In Islam is al-A'raf (Arabies: الأعراف) 'n grensgebied of sluier tussen Djannah (hemel) en Djahannam (hel).[2] Dit word bewoon deur diegene wie se sondes en deugsaamhede ewe veel was; hulle was nie heeltemal boos maar ook nie heeltemal goed nie. Dit kan beskryf word as 'n soort vaevuur met ontbering, maar sonder lyding.
Die woord is 'n meervoudsvorm en beteken letterlik "die Verhewe Plekke" in Afrikaans. Die ryk word beskryf as 'n hoë gordyn tussen Djahannam en Djhannah.[3] Die Arabiese historikus Ibn Kathir het al-A'raf beskryf as 'n muur met 'n hek.[4] Die mense in dié hoë muur aanskou die verskrikking van die hel asook die skoonheid van die paradys. Hulle smag daarna om in die paradys in te gaan, maar hulle sondes en deugsaamhede balanseer mekaar uit. Met die genade van God se hulle egter onder die laaste mense wees wat die Paradys binnegaan.[4]
Die Katolieke geleerde van islam Louis Massignon het geglo die Christelike begrip "limbo" is geïnspreer deur die Moeslemse vertolking van Araf.[5]
Araf word in die Koran beskryf in soera "Die Verhewe Plekke" (Al-A'raf), ajat 46-47.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Begley, Wayne E. The Garden of the Taj Mahal: A Case Study of Mughal Architectural Planning and Symbolism, in: Wescoat, James L.; Wolschke-Bulmahn, Joachim (1996). Mughal Gardens: Sources, Places, Representations, and Prospects Dumbarton Oaks, Washington D.C., ISBN 0884022358. pp. 229–231.
- ↑ "An Exegical Study of Qur'anic Term Al-A`raf". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2022. Besoek op 5 November 2022.
- ↑ Questions on Islam - Who are the companions of Araf, which is mentioned in the Surah Al-Araf?
- ↑ 4,0 4,1 The People of Al-A'raf
- ↑ Cyril Glassé, Huston Smith The New Encyclopedia of Islam Rowman Altamira 2003 ISBN 978-0-759-10190-6 page 60
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.