Arizona Diamondbacks
Die Arizona Diamondbacks (informeel bekend as die D-backs) is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Phoenix, Arizona. Die Diamondbacks ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Westelike Divisie (NL-Wes). Die span is op 9 Maart 1995 gestig en het tydens die 1998 MLB-seisoen begin speel as 'n uitbreidingspan. Die span speel sy tuiswedstryde by Chase Field. Die Diamondbacks is saam met die Tampa Bay Rays een van die nuutste spanne in Hoofligabofbal en is die jongste span om die Wêreldreeks te beklink. Die span se kleure is rooi, teel, swart en wit[1][2] en die Diamondbacks se noemname is die D-backs, die Snakes, Los Serpientes of die Answerbacks[3][4][5][6].
Nadat die Diamondbacks in vyfde plek geëindig het in hul eerste seisoen het die span verskeie spelers aangekoop, insluitend die toekomstige Eregalery-bouler Randy Johnson, wat vier opeenvolgende Cy Young-toekennings gewen het in sy eerste vier seisoene saam met die span. In 1999 het Arizona 100 wedstryde en hul eerste divisiekampioenskap gewen. In 2001 het hulle die Wêreldreeks gewen deur oor die driemalige verdedigende kampioen, die New York Yankees, te triomfeer. Sodoende het hulle die vinnigste uitbreidingspan in die geskiedenis van Hoofligabofbal geword om die Wêreldreeks te wen, en die eerste en enigste manlike professionele sportspan uit Arizona om 'n kampioenskap te wen. 22 jaar later sou hulle terugkeer na die Wêreldreeks, net om teen die Texas Rangers in vyf wedstryde te verloor; sodoende het die Diamondbacks hul eerste Wêreldreeks-loesing in die span se geskiedenis opgedoen.
Van 1998 tot 2023 is die Diamondbacks se algehele rekord 1,998 wedstryde gewen en 2,112 wedstryde verloor ('n wenpersentasie van .486).[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "D-backs unveil new uniform designs for 2024". Dbacks.com. MLB Advanced Media. 17 November 2023. Besoek op 18 November 2023.
Fresh off the 2023 postseason, the chaos continues for the National League Champion Arizona Diamondbacks as they unveil four new uniform designs for the 2024 season, featuring Sedona Red and fan favorite, Teal as primary colors; and the return of the Off-White color scheme for the Home Uniform, the original "D" logo and the "Diamondbacks" wordmark. The uniforms reimagine tradition, while introducing a new age of Diamondbacks baseball.
- ↑ MLB Advanced Media (17 November 2023). "D-backs unveil new uniform designs for 2024 with "A Nod Towards Tradition"". Persberig. https://www.mlb.com/press-release/press-release-d-backs-unveil-new-uniform-designs-for-2024-with-a-nod-towards-tra?t=dbacks-press-releases. Besoek op 18 November 2023.
- ↑ Park, Do-Hyoung (28 Oktober 2023). "First rule of '23 World Series: No lead is safe". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 18 November 2023.
ARLINGTON -- The group from Arizona proudly calls itself the "Answerbacks," and after that Game 1, the Rangers might have to come up with something thematically catchy of their own.
- ↑ Olson, Kellan (28 Oktober 2023). "Carroll, Marte's record streak bring 'Answerbacks' to World Series". ArizonaSports.com. Besoek op 29 Oktober 2023.
- ↑ Lyddon, Luke (25 Oktober 2023). "Reliving the top 10 Diamondback's playoff moments ahead of Game 7 of the NLCS". 12News.com. Besoek op 29 Oktober 2023.
- ↑ Henry, Kevin (29 Oktober 2023). "3 things I heard inside the Diamondbacks clubhouse following World Series Game 2 win". Fansided.com. Besoek op 30 Oktober 2023.
- ↑ "Arizona Diamondbacks Team History & Encyclopedia". Baseball Reference. Besoek op 27 Mei 2020.[dooie skakel]