Gaan na inhoud

Arthur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Standbeeld van koning Arthur in Hofkirche, Innsbruck.

Arthur is 'n algemene manlike voornaam. In ou verhale was dit ook die naam van 'n legendariese Britse koning. Art en Artie is verkleinde vorms hiervan. Artur (sonder die 'h') is 'n algemene spelvariant wat in talle Slawiese, Romaanse, en Germaanse tale gebruik word.[1]

Die oorsprong en die betekenis van die naam is onseker. Die naam word wel in verband gebring met die Keltiese 'beer', die Walliese 'held', die Oudnoorse 'arend' en met die Romeinse gensnaam (geslagsnaam) Artorius.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Verklaring naam Arthur, Nederlandse voornamenbank, Meertens Instituut.