Arthur Guinness

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Arthur Guinness
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gebore 28 September 1725
Celbridge, graafskap Kildare, Ierland
Oorlede 23 Januarie 1803 (op 77)
Mountjoy Square, Dublin, Ierland
Nasionaliteit Iers
Ouers Richard en Elizabeth Guinness
Beroep Entrepreneur, bierbrouer
Bekend vir Guinness-brouery in Dublin
Religie Kerk van Ierland
Huweliksmaat Olivia Whitmore
Kind(ers) 21

Arthur Guinness (* 28 September 1725, † 23 Januarie 1803) was 'n Brits-Ierse entrepreneur en filantroop wat bekendheid verwerf het as stigter van die Guinness-brouery in Dublin, Ierland, en die Guinness-dinastie.

In 1752, toe Arthur Guinness 27 jaar oud was, het sy peetoom Arthur Price, die Anglikaanse Kerk van Ierland se aartsbiskop van Cashel, in sy laaste wil die som van £100 aan hom bemaak. Arthur het dié bedrag aangewend om 'n bierbrouery in Leixlip in die graafskap Kildare, sowat 17 km van Dublin af, te pag. In 1759 het Guinness hom in Dublin gevestig om daar sy eie onderneming te stig. Hy het met die nasate van Sir Mark Rainsford, 'n vroeëre lord mayor van Dublin en grondlegger van die brouery by St James's Gate, 'n pagkontrak oor 9 000 jaar aangegaan waarvoor hy 'n jaarlikse huurgeld van £45 moes betaal.[1]

Arthur Guinness se bloemige rooi handtekening versier steeds die etikette van bier wat in die Dublinse Guinness-aanleg gebrou is.

Verwysings[wysig | wysig bron]