Astolbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Astolbos
Leucadendron meridianum 48507486.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. meridianum
Binomiale naam
Leucadendron meridianum
I.Williams

Die astolbos (Leucadendron meridianum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van die Kaapse Skiereiland tot by Potberg en Riviersonderend.

Die struik word 2.0 m hoog en blom in Junie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sanderige grond op hoogtes van 0 - 1 000 m.

In Engels staan dit as die Limestone conebush bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]