Astute-klas duikboot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Astute-klas SSN profiel
HMS Ambush in 2012

Die Astute-klasduikboot is die nuutste klas duikbote van die Britse Vloot. Dié klas is ontwerp om die Swiftsure-klas te vervang. 'n Begroting van £6 miljoen is in 1991 goedgekeur en 'n tender is uitgereik vir die bou van drie duikbote. Na ses jaar is die kontrak aan GEC-Marconi (tans BAE Systems) toegeken as primêre kontrakteur vir drie duikbote met die opsie vir nog twee.

HMS Astute, die eerste boot, se kiel is in Januarie 2000 gelê, toevallig met die honderdste verjaarsdag van die Britse duikbootvloot. Die klas is ontwerp om 'n multirol te speel, wat strek vanaf tradisionele duikbootdiens tot ondersteuning tydens anti-terrorisme optredes.

Hierdie klas is die grootste van alle Britse duikbote, toegerus met ses torpedobuise en Tomahawk landaanvalsmissiele. HMS Astute is te water gelaat in 2007 en in diens gestel in 2010. Twee ander duikbote is ook afgelewer: HMS Ambush en HMS Artful. Die bestelling het gegroei tot sewe duikbote.

Programkoste[wysig | wysig bron]

Nasionale ouditkantoor: Major Projects Report 2015[1]
Verwagte koste tydens magtiging Huidige beraming ter voltooiing Verandering
Bote 1–3 £2.233 miljard £3.536 miljard Green Arrow Up Darker.svg
Boot 4 £1.279 miljard £1.492 miljard Green Arrow Up Darker.svg
Boot 5 £1.464 miljard £1.420 miljard Red Arrow Down.svg
Boot 6 £1.579 miljard £1.533 miljard Red Arrow Down.svg
Boot 7 £1.642 miljard £1.640 miljard Red Arrow Down.svg

Duikbote in die klas[wysig | wysig bron]

Naam Pennant No. Skeepsbouer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Status
HMS Astute S119 BAE Systems Maritime – Submarines,
Barrow-in-Furness
31 Januarie 2001 8 Junie 2007[2] 27 Augustus 2010[3] In diens
HMS Ambush S120 22 Oktober 2003 6 Januarie 2011[4] 1 Maart 2013[5] In diens
HMS Artful S121 11 Maart 2005 17 Mei 2014[6] 18 Maart 2016 [7] In diens
HMS Audacious S122 24 Maart 2009 28 April 2017[8] Beplan 2018[9] Toetsing
HMS Anson S123 13 Oktober 2011 Beplan 2020[9] Onder konstruksie [10]
HMS Agamemnon S124 18 Julie 2013 Beplan 2022[9] Onder konstruksie[11]
HMS Agincourt [12] S125 Beplan 2024[9] Onder konstruksie

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Astute-klas duikboot:
Item Statistiek
Verplasing (oppervlak) 6 200 metrieke ton
Verplasing (onderwater) 6 692 metrieke ton
Lengte 91,7 m
Breedte 10,8 m
Aandrywing Rolls-Royce PWR-2 reaktor
Spoed (oppervlak) Onbekend
Spoed (onderwater) 32 knope
Bemanning 100 persone
Bewapening 6 torpedobuise vir Spearfish-torpedos

Sub-Harpoon anti-skeepsmissiele
Tomahawk landaanvalsmissiele
38 wapens kan gedra word.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (20 Oktober 2015) National Audit Office: Major Projects Report 2015. United Kingdom: National Audit Office. p. 42. Besoek op 27 Julie 2016. 
  2. "New UK nuclear submarine launched". BBC. 8 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2007. Besoek op 8 Junie 2007. 
  3. Royal Navy's Most Powerful Submarine Gets Royal Approval”. Ministry of Defence: 27 Augustus 2010.
  4. HMS Ambush”. Royal Navy. URL besoek op 27 Julie 2016.
  5. HMS Ambush Officially Welcomed Into The Royal Navy”. Royal Navy: 1 Maart 2013. URL besoek op 7 Maart 2013.
  6. Home - BAE Systems - International”. URL besoek op 25 Julie 2016.
  7. HMS Artful becomes a commissioned warship”. Royal Navy: 18 Maart 2016. URL besoek op 18 Maart 2016.
  8. Fourth Astute Boat Leaves DDH”. North West Evening Mail: 27 April 2017. URL besoek op 27 April 2017.
  9. 9,0 9,1 9,2 9,3 House of Commons Written Answers c45W”. VK Parlement: 3 September 2012. URL besoek op 13 Julie 2013.
  10. Naval Ship Building Boat 5 news
  11. Sixth Astute Class submarine keel laid - News stories - GOV.UK”. URL besoek op 25 Julie 2016.
  12. Royal Navy nuclear submarines to get £2.5bn boost”. URL besoek op 14 Mei 2018.