Babiana angustifolia
Voorkoms
Babiana angustifolia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | B. angustifolia
|
Binomiale naam | |
Babiana angustifolia Sweet, (1826)
| |
Sinonieme | |
Babiana angustifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Piketberg tot by Somerset-Wes. Die plant het 'n voorkomsgebied van 6000 km² maar het reeds 95% van sy habitat afgestaan aan graan verbouing en ontwikkeling die afgelope 80 jaar. Ten minste 20% van die verlies het die afgelope 20 jaar plaasgevind. Die neiging hou steeds aan, veral by Gordonsbaai en Gouda.