Ballymena

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ballymena

An Baile Meánach (Iers-Gaelies)
Die raadsaal van Ballymena
Die raadsaal van Ballymena
Ligging van Ballymena op 'n kaart (Noord-Ierland)
Ballymena
Ballymena
Koördinate: 54°52′00″N 6°17′00″W / 54.86667°N 6.28333°W / 54.86667; -6.28333Koördinate: 54°52′00″N 6°17′00″W / 54.86667°N 6.28333°W / 54.86667; -6.28333
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK) Noord-Ierland
County Antrim
Distrik Mid and East Antrim
Bevolking (2008)
 - Dorp 29 782
Tydsone MGT (UTC+00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode BT42, BT43, BT44
Skakelkode(s) 028
Webwerf: Mid and East Antrim

Ballymena [ˌbæliˈmiːnə], Iers: an Baile Meánach [ən̪ˠ ˈbˠalʲə ˈmˠaːn̪ˠəx] of "die Middel-Townland", is 'n groot dorp in die Noord-Ierse graafskap Antrim, sowat 45 km of 28 myl suidoos van Belfast. Met 'n bevolking van 29 782 in 2008 is Ballymena, wat administratief onder die distrik Mid and East Antrim val, die agtste grootste nedersetting in Noord-Ierland.

Die nedersetting is op 'n stuk land geleë wat koning Karel I van Engeland in 1626 aan die Adair-familie geskenk het, met die voorwaarde dat hier vir ewige tye twee groot jaarlikse markte asook 'n vrye mark op elke Saterdag gehou word. Vandag is Ballymena 'n gewilde winkelstad wat kopers uit 'n wyer omgewing lok.