Bengaalse nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bangladesj
Vlag van Bangladesj
Toetskrieketland sedert 2000
Eerste Toets teen Indië in Dhaka, 10–13 November 2000
Kaptein in Toetse en Twintig20 Shakib Al Hasan
Kaptein in EDI Mashrafe Mortaza
Afrigter vakant
Plek op IKR-ranglys 9de (Toetse)
7de (EDIs)
10de (T20Is)
Totale toetse
 – Afgelope jaar
114
2
Laaste toets teen Nieu-Seeland,
te Wellington, 8–12 Maart 2019
Wen/verloor
 – Afgelope jaar
13/85
0/2
Soos op 15 Julie 2019

Die Bengaalse nasionale krieketspan (Bengaals: বাংলাদেশ জাতীয় ক্রিকেট দল), met die bynaam The Tigers,[1] is die nasionale krieketspan van Bangladesj. Die reëls word deur Bangladesj se Krieketraad (BCB) neergelê. Bangladesj is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets- en Internasionale eendagwedstryd (EDI)-status, dus die tiende toetskrieketland. Bangladesj het sy eerste toets in November 2000 teen Indië in Dhaka gespeel en sodoende die tiende nasie, en die vierde in Asië, met toetsstatus geword.

Bangladesj het sy volle debuut in internasionale krieket in die 1986 Asië-beker gemaak

Bangladesj se eerste vertoning in internasionale krieket was tydens die 1979 IKR-trofee in Engeland. Hulle beëindig dié toernooi met twee oorwinnings en twee nederlae. Sewe jaar later, op 31 Maart 1986 tydens die Asië-beker, speel Bangladesj in sy eerste internasionale eendagwedstryd teen Pakistan. Bangladesj wen die 1997 IKR-trofee in Maleisië. Deur die toernooi te wen het Bangladesj vir die eerste keer ook vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer. Tydens dié toernooi kon hulle onder andere Pakistan en Skotland verslaan. Oor ’n lang tydperk was sokker die gewildste sport in Bangladesj, maar krieket het geleidelik gewildheid verwerf – veral in stedelike gebiede – en teen die 1990’s sokker verbygesteek. Op 26 Junie 2000 is Bangladesj se vordering in internasionale krieket met toetsstatus beloon.

In 1997 word Bangladesj ’n gereelde lid van die IKR met die reg om internasionale eendagwedstryde te speel. Hulle verwerf op 26 Junie 2000 die status van ’n toetskrieketland. Bangladesj hou die rekord vir die meeste verloorslae agtereenvolgens in toetse (21 tussen 1999 en 2002) en eendagwedstryde (23 tussen 2001 en 2004). Nadat hulle toetsstatus verkry het, moes Bangladesj tot in 2004 vir sy eerste EDI-oorwinning sedert die Krieketwêreldbeker 1999 wag. Die span wat Bangladesj tydens dié geleentheid kon verslaan was Zimbabwe, wat Bangladesj ook in hul eerste toetsoorwinning in 2005 kon verslaan; nadat hulle die tweede toets kon ewenaar het Bangladesj sy eerste toetsreeks gewen. In 2009 vertrek Bangladesj vir twee toetse na Wes-Indië en nadat hulle albei kon wen, beklink Bangladesj sy eerste oorsese toetsreeks.

Teen 20 Junie 2019 het Bangladesj 114 toetse gespeel, waarvan hulle dertien kon wen. Hul eerste oorwinning was teen Zimbabwe, en die volgende twee teen Wes-Indië. Veral tuis kon hulle al goed presteer en gelykop teen Nieu-Seeland, Pakistan, Indië en Suid-Afrika speel, maar ook oorwinnings oor Engeland, Sri Lanka en Australië aanteken.[2] Tydens hul 2016–17-toer na Sri Lanka het Bangladesj in Maart 2017 hul 100ste toets gespeel.[3]

Bangladesj is meer suksesvol wat EDIs betref, hulle kon 124 van hul 367 EDI-wedstryde wen.[4] Bangladesj het ook al 85 Twintig20-wedstryde gespeel, waarvan hulle 26 kon wen.[5] Bangladesj is tans (8 Januarie 2020) negende op die IKR-toetsranglys, sewende op die eendagranglys, en negende op die Twintig20-wêreldranglys.[6][7][8]

Rekords[wysig | wysig bron]

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Die Bengaalse nasionale krieketspan vier die neem van ’n paaltjie teen Zimbabwe
Jaar Uitslag
1975 Geen deelname
1979 Geen deelname
1983 Geen deelname
1987 Nie gekwalifiseer nie
1992 Nie gekwalifiseer nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Groepfase
2003 Groepfase
2007 Super 8
2011 Groepfase
2015 Kwarteindrondte
2019 Groepfase
2023 N.v.t.

Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2007 Super 8
2009 Groepfase
2010 Groepfase
2012 Groepfase
2014 Super 10
2016 Super 10
2020 Gekwalifiseer

Kampioenetrofee-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1998 Geel deelname
2000 Uitspeelrondte
2002 Groepfase
2004 Groepfase
2006 Kwalifikasierondte
2009 Nie gekwalifiseer nie
2013 Nie gekwalifiseer nie
2017 Halfeindrondte

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Cricket World Cup: Bangladesh head coach Steve Rhodes looks to upset England after turbulent year". BBC. 6 Junie 2019. Besoek op 8 Januarie 2020.
  2. (en) "Statsguru – Bangladesh – Test matches – Team analysis". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Januarie 2020.
  3. (en) "Bangladesh to play 100th Test in March". ESPNcricinfo. 17 Februarie 2017. Besoek op 8 Januarie 2020.
  4. (en) "Statsguru – Bangladesh – ODI matches – Team analysis". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Januarie 2020.
  5. (en) "Statsguru – Bangladesh – T20I matches – Team analysis". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Januarie 2020.
  6. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 6 Januarie 2020. Besoek op 8 Januarie 2020.
  7. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 22 Desember 2019. Besoek op 8 Januarie 2020.
  8. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 5 Januarie 2020. Besoek op 8 Januarie 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]