Barberspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Barberspan
Ligging van Barberspan op 'n kaart (Noordwes)
Barberspan
Barberspan
Koördinate: 26°37′0″S 25°33′0″O Koördinate: 26°37′0″S 25°33′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Ngaka Modiri Molema
Plaaslike Munisipaliteit Tswaing
Tydsone SAST (UTC+2)

Barberspan is 'n klein dorpie en pan in die Noordwes, Suid-Afrika. Die pan is 11km lank, 3.5km breed en tot 8m diep. Die pan word gevoer deur die Hartsrivier wat suidwes van Lichtenburg ontspring en suidwes na die Vaalrivier by Delportshoop vloei. Die pan word so genoem weens die baie babers wat in groot getalle in die vlak water voorkom. Daar is ook moddervis, karp en geelvis in die pan. Duisende voëls van baie spesies soos flaminke en bleshoenders is hier tuis. Die N14 nasionale pad gaan langs die pan verby terwyl Delareyville sowat 20km suidwes is. Daar is ook 'n reservaat om die pan.

Sien ook[wysig]

'n Geelborsstrandkiewiet by Barberspan afgeneem.

Bron[wysig]