Koffiebeesklou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Bauhinia petersiana)
Jump to navigation Jump to search

Koffiebeesklou / Kalaharibauhinia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
B. × petersiana
Binomiale naam
Bauhinia × petersiana
Peters, 1861
Sinonieme

Bauhinia macrantha Oliv. 1871

Die Koffiebeesklou of Kalaharibauhinia (Bauhinia petersiana) is 'n boom wat wydverspreid in die noordwestelike dele van Suid-Afrika voorkom. Alhoewel die boom spreiende bosse vorm word hulle ook dikwels klein boompies. Die gekreukelde kroonblare is 8 x 1 cm groot. Die peule is 15 x 5 cm en kronkel wanneer dit oopbars met 'n ontploffing. Thomas Bain het in sy dagboek genaamd Goldfield Diaries beskryf hoe hulle dié boom se sade gebruik het as 'n plaasvervanger vir koffie. In Engels staan die boom bekend as die Kalahari Bauhinia.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]