Beauden Barrett

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Beauden Barrett Sportportaal
Beauden Barrett thumb17.jpg
Volle naam Beauden John Barrett
Geboortedatum 27 Mei 1991 (1991-05-27) (28 jaar oud)
Geboorteplek New Plymouth, Nieu-Seeland
Lengte 1,87 m
Gewig 91 kg
Skool Francis Douglas Memorial College
Universiteit Massey Universiteit
Vername familie Kane Barrett
Jordie Barrett
Scott Barrett (broers)[1]
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Eerste vyf-agtste, heelagter
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2010–
2011–
Taranaki
Hurricanes
26
112
(191)
(1118)
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2011
2012–
All Blacks o/20
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
5
65
(22)
(495)
Nasionale Sewesspan
Jare Land Toernooie
2010 All Blacks Sewes 2

Beauden John Barrett (gebore 27 Mei 1991) is 'n Nieu-Seelandse rugbyspeler.

Hy speel op die losskakelposisie vir sy tuisspan Taranaki, asook vir die Hurricanes in Superrugby en vir Nieu-Seeland se nasionale span die All Blacks.[2] Hy was 'n belangrike lid van die Rugbywêreldbeker 2015-wenspan. Barrett kan ook op heelagter of vleuel speel, soos gedemonstreer by Taranaki en die All Blacks. In 2016 en 2017 het hy die "Wêreldrugby Speler van die Jaar"-toekenning ontvang, en word slegs die tweede speler om die toekenning agtereenvolgend te verower. Hy word deur baie ondersteuners as die beste aktiewe rugbyspeler in die wêreld beskou.

Barrett is in die All Blacks se opleidingspan opgeneem in Mei 2012 en het sy internasionale debuut as 'n plaasvervanger op 23 Junie 2012 gemaak. Dit was in die laaste toets teen Ierland in Hamilton, toe hy nege punte met die skopskoen aangeteken het. Sy debuut in Superrugby was in 2011 vir die Hurricanes.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Rattue, Chris (24 Oktober 2016). "All Blacks: 12 things you need to know about the amazing Barrett boys". New Zealand Herald. NMZE. Publishing Ltd. Besoek op 30 Maart 2017. 
  2. Beauden Barrett Hurricanes Profile (24 Desember 2012).

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]