Belgiese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf België nasionale rugbyspan)
Jump to navigation Jump to search
België
Flag of Belgium (civil).svg
Unie Belgiese Rugbyfederasie
Bynaam(e) Zwarte Duivels (nl) / Diables Noir (fr) / Schwarze Teufel (de) (Swart duiwels)
Embleem Belgiese leeu
Stadion Koning Boudewijnstadion, Brussel
Kapasiteit 50 000
President Michel Coric
Afrigter(s) Guillaume Ajac
Kaptein(s) Thomas Dienst
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Thomas Dienst (21)[1]
Meeste punte Alan Williams (138)[2]
Meeste drieë 5 spelers (3 elk)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Nederland Nederland 0–6 België Vlag van België
(Den Haag, Nederland; 1 Julie 1930)
Grootste oorwinning
Vlag van België België 94–3 Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
(8 Desember 2012)
Grootste nederlaag
Vlag van Spanje Spanje 77–0 België Vlag van België
(Madrid, Spanje; 8 Desember 1996)
Unie webwerf
www.rugby.be

Die Belgiese nasionale rugbyspan verteenwoordig België op internasionale vlak in rugby. Die span het die eerste keer in 1930 ’n wedstryd gespeel en kon nog nie daarin slaag om vir die Rugbywêreldbeker te kwalifiseer nie. Rugby in België word geadministreer deur die Belgiese Rugbyfederasie. Die Belgiese rugbyspan is tans (17 Desember 2019) 27ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Duitsland speel tydens die Europese Rugbywêreldbeker 2007-kwalifisering teen België op 29 April 2006 in Hannover, Duitsland
Pole speel tydens die Europese Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering teen België op 30 Mei 2009

Die Belgiese nasionale span het hulle eerste wedstryd op 1 Julie 1930 teen Nederland gespeel. België kon dié wedstryd met 6–0 wen. Alhoewel hulle in 1931 nie enige wedstryde gespeel het nie, het België van 1932 af vir vyf jaar lank elke jaar teen Nederland gespeel. In 1932 was die uitslag gelykop maar het die wedstryde in die 1930’s wat daarop gevolg het verloor. In 1937 het die span ook teen Italië en Duitsland gespeel. Die span het albei wedstryde verloor.

In die 1950’s het België aangehou om teen Nederland te speel, sowel as teen Spanje. België het in die 1960’s daarin geslaag om teen Portugal ’n in gelykop te speel. In die 1970’s het hulle meeste van hulle wedstryde gewen en teen ’n groter aantal Europese nasies gespeel. Dié neiging is in die 1980’s voortgesit. België het in die laat 1980’s ses agtereenvolgende wedstryde gewen. In die 1990’s het die span al hoe meer wedstryde teen hulle gereelde Europese teenstanders begin speel. ’n Belgiese span het voor die Rugbywêreldbeker 2007 teen Argentinië gespeel. ’n Belgiese XV het op 24 Mei 2008 teen die Britse Barbarians gespeel.

België het geleidelik verbeter, vanaf die 55ste rang in 2004 het die "Swart Duiwels" gedurende die volgende jare baie verbeter en goeie resultate teen ander Europese spanne behaal, en in 2010 een van die 30 beste spanne op die IRR se ranglys geword. Sedert België se toetreding tot die eerste 30 spanne in die internasionale ranglys het hulle daarin geslaag om hul plek te behou.[4]

Gedurende die 2010–2012-Europese Nasiesbeker het België ’n baie suksesvolle veldtog gehad en kon tussen Maart 2011 en Desember 2012 tien agtereenvolgende wedstryde wen. Hulle het vir die 2012–14-toernooi tot die ENB 1A gevorder, waar hulle teen spanne soos Spanje en Portugal, maar ook die Rugbywêreldbeker 2011-deelnemers Roemenië, Georgië en Rusland gespeel het.

Jacques Rogge, die voormalige Internasionale Olimpiese Komitee-president, was ’n lid van die Belgiese nasionale rugbyspan.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

België het teen 17 Desember 2019 93 van hulle 218 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 42,66%.[5]

België se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 17 Desember 2019)[5]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Armenië Armenië 1 0 1 0 0
Vlag van Brasilië Brasilië 1 0 1 0 0
 Britse Barbarians 1 0 1 0 0
Vlag van Denemarke Denemarke 5 3 1 1 60
Vlag van Duitsland Duitsland 11 5 5 1 45
Vlag van Fidji Fidji 1 0 1 0 0
Vlag van Georgië Georgië 6 0 6 0 0
Vlag van Hongkong Hongkong 3 2 1 0 66,67
Vlag van Italië Italië 2 0 2 0 0
Vlag van Kanada Kanada 1 0 1 0 0
Vlag van Kroasië Kroasië 4 2 2 0 50
Vlag van Letland Letland 2 1 1 0 50
Vlag van Litaue Litaue 2 2 0 0 100
Vlag van Luxemburg Luxemburg 4 4 0 0 100
Vlag van Malta Malta 2 2 0 0 100
Vlag van Marokko Marokko 4 1 3 0 25
Vlag van Moldowa Moldowa 7 5 2 0 71,4
Vlag van Monaco Monaco 1 1 0 0 100
Vlag van Nederland Nederland 45 23 18 4 51,1
Vlag van Oekraïne Oekraïne 5 2 3 0 40
Vlag van Pole Pole 9 2 7 0 22,2
Vlag van Portugal Portugal 14 3 9 2 21,4
Vlag van Roemenië Roemenië 7 0 7 0 0,0
Vlag van Rusland Rusland 6 0 6 0 0,0
Vlag van Samoa Samoa 1 0 1 0 0,0
Vlag van Serwië Serwië 8 7 1 0 87,5
Vlag van Slowenië Slowenië 3 2 1 0 66,67
Vlag van Spanje Spanje 16 2 13 1 12,5
Vlag van Swede Swede 12 8 4 0 66,67
Vlag van Switserland Switserland 8 5 3 0 62,5
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 7 4 2 1 57,1
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Tsjeggo-Slowakye 6 1 5 0 16,67
Vlag van Tunisië Tunisië 5 1 3 1 20
Vlag van Uruguay Uruguay 1 0 1 0 0
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 1 1 0 0 100
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 6 4 1 1 66,67
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 1 1 0 0 100
Totaal 218 93 113 12 42,66

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 17 Desember 2019.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 17 Desember 2019.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 17 Desember 2019.
  4. 4,0 4,1 (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 17 Desember 2019.
  5. 5,0 5,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Belgium". ESPNscrum. Besoek op 17 Desember 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]