Benjamin Netanyahu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Benjamin Netanyahu
בנימין נתניהו (he)
Benjamin Netanyahu
Netanyahu in 2021

Ampstermyn
31 Maart 2009 – 13 Junie 2021
President Shimon Peres
Reuven Rivlin
Voorafgegaan deur Ehud Olmert
Opgevolg deur Naftali Bennett
Ampstermyn
18 Junie 1996 – 6 Julie 1999
President Ezer Weizman
Voorafgegaan deur Shimon Peres
Opgevolg deur Ehud Barak

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
14 Mei 2015 – 17 Februarie 2019
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur Avigdor Lieberman
Opgevolg deur Yisrael Katz
Ampstermyn
18 Maart 2013 – 11 November 2013
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur Avigdor Lieberman
Opgevolg deur Avigdor Lieberman
Ampstermyn
6 November 2002 – 27 Februarie 2003
Eerste minister Ariel Sharon
Voorafgegaan deur Shimon Peres
Opgevolg deur Silvan Shalom
Ampstermyn
6 Januarie 1998 – 13 Oktober 1998
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur David Levy
Opgevolg deur Ariel Sharon

Minister van Finansies
Ampstermyn
27 Februarie 2003 – 9 Augustus 2005
Eerste minister Ariel Sharon
Voorafgegaan deur Silvan Shalom
Opgevolg deur Ehud Olmert

Minister van Verdediging
Ampstermyn
17 Desember 2018 – 12 November 2019
Eerste minister Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan deur Avigdor Lieberman
Opgevolg deur Naftali Bennett

Leier van die Opposisie
Ampsbekleër
Termynaanvang
13 Junie 2021
Eerste minister Naftali Bennett
Voorafgegaan deur Yair Lapid
Ampstermyn
28 Maart 2006 – 31 Maart 2009
Eerste minister Ehud Olmert
Voorafgegaan deur Amir Peretz
Opgevolg deur Tzipi Livni

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Oktober 1949 (1949-10-21) (71 jaar oud)
Tel Aviv, Israel
Politieke party Likoed
Eggenoot/-note Miriam Weizmann (1972-1978)
Fleur Cates (1981-1984)
Sara Ben-Artzi (sedert 1991)
Kind(ers) 3
Alma mater Massachusetts Institute of Technology,
Harvard-universiteit
Religie Sekulêre Judaïsme
Handtekening Benjamin Netanyahu Signature.svg

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Israel Israel
Diens/Tak Flag of the Israel Defense Forces.svg Israeliese verdedigingsmagte
Jare in diens 1967–1973
Rang Kaptein
Eenheid Sayeret Matkal
Oorloë/Veldslae Uitputtingsoorlog
Jom Kippoer-oorlog

Benjamin (Bibi) Netanyahu (Hebreeus: בנימין נתניהו ; gebore 21 Oktober 1949 in Tel Aviv) is 'n Israelse politikus wat aan die regs-liberale politieke party Likoed behoort. Hy was tussen 1996 en 1999 en weer van 2009 tot 2021 die Eerste minister van Israel.

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Tussen 17 Mei 2020 en 13 Junie 2021 was hy die Eerste Minister van die regs-sentrale-religieuse Netanyahu-Gantz-kabinet. Van 14 Mei 2015 tot 17 Mei 2020 was hy die Eerste Minister van die regs-religieuse Netanyahu IV-kabinet. Van 18 Maart 2013 tot 14 Mei 2015 was hy die Eerste Minister van die regs-sentrale Netanyahu III-kabinet. Van 31 Maart 2009 tot 18 Maart 2013 was hy die Eerste Minister van die regs-(links)-religieuse Netanyahu II-kabinet. Hy was vanaf 1996 tot 1999 ook premier gewees, van die regse Netanyahu I-kabinet.

Van 1988 tot 1999 was hy 'n lid van die Knesset. Sedert 2003 is hy weer 'n lid van die Knesset. Netanyahu het verskeie ministersposte beklee. Hy was in 1998, van 2002 tot 2003, in 2013 en van 2015 tot 2019 minister van Buitelandse Sake, van 2003 tot 2005 minister van Finansies en van 2018 tot 2019 minister van Verdediging.

Netanyahu was van 1967 tot 1972 'n offisier in die Matkal-kommando van die Israeliese Lëer. Hy het argitektuur en bestuur aan die Massachusetts Institute of Technology en politieke wetenskap (geen diploma) aan die Harvard-universiteit studeer. Netanyahu het by die Boston Consulting Group gewerk en was van 1984 tot 1988 die Israelse ambassadeur by die Verenigde Nasies.

Familie[wysig | wysig bron]

Benjamin Netanyahu is vir die derde keer getroud en het drie kinders. Hy woon in Jerusalem en is 'n aanhanger van die Judaïsme.

Hy is die broer van die Israelse oorlogsheld Jonatan Netanyahu, wat in 1976 tydens Operasie Entebbe gesterf het.

Werke[wysig | wysig bron]

Netanyahu het verskeie boeke geskryf, veral oor die bestryding van terrorisme.

  • 1978: Yoni's Letters (red.)
  • 1980: Terror: Challenge and Reaction (red.)
  • 1986: Terrorism: How the West Can Win (red.)
  • 1991: International Terrorism: Challenge and Response (red.)
  • 1993: A Place Among the Nations: Israel and the World
  • 1995: Fighting Terrorism: How Democracies Can Defeat Domestic and International Terrorism

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Nederlandstalige Wikipedia en Knesset-webwerf

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Voorafgegaan deur
Shimon Peres
Eerste Minister van Israel
1996-1999
Opgevolg deur
Ehud Barak
Voorafgegaan deur
Ehud Olmert
Eerste Minister van Israel
2009-2021
Opgevolg deur
Naftali Bennett