Bergpalm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bergpalm
Nasionale nommer: 3.1
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Genus: Encephalartos
Spesie: E. eugene-maraisii
Binomiale naam
Encephalartos eugene-maraisii
Verd.

Die bergpalm of Waterbergse broodboom (Encephalartos eugene-maraisii Verd.) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is endemies aan Limpopo. Dit is beperk tot die Waterberg-gebied in Limpopo. Op die SANBI-rooilys is dit as 'bedreigde spesie' (EN) gelys. Die populasie het in die laaste generasie (ongeveer 30 jaar) met meer as 50% afgeneem en daar bly net ongeveer 900 indiwidue oor.[1]

Dit is 'n boom wat tot 3 m hoog word. Sy sierlike blare word 1 m lank. Die plant se nasionale nommer is 3.1.[2] In Engels staan dit bekens as Waterberg cycad.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015.
  2. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Bronne[wysig | wysig bron]