Bertha Stoneman
Voorkoms
Bertha Stoneman | |
Bertha Stoneman, ca. 1900
| |
Gebore | Jamestown, New York | 18 Augustus 1866
---|---|
Oorlede | 30 April 1943 (op 76) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Vakgebied | Plantkunde |
Instelling(s) | Hugenote-kollege |
Alma mater | Cornell Universiteit |
Dr. Bertha Stoneman (1866 – 1943) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Sy is in Jamestown, New York gebore en ontvang opleiding aan Cornell Universiteit. In 1897 kom sy na Suid-Afrika as lektrise in Plantkunde aan die Hugenote-kollege. Sy onderskei haar in vak waaroor sy ook 'n aantal boeke publiseer. Sy ontvang verskeie eregrade en in 1920 word sy prinsipale van die Hugenote-Kollege. Sy tree in 1932 af uit hierdie pos en is in 1943 oorlede.
Een van die geboue van die Margaretha Mes Instituut vir Plantfisiologie is na haar genoem. Haar botaniese handtekening is Stoneman.