Bespreking:Ensiklopedie van Suidelike Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Ek verstaan nie wat SESA en die Ensiklopedie van die Wêreld met die Ensiklopedie van Suidelike Afrika te doen het nie. Vanwaar die verwysing na Steyn se uitlatings oor eersgenoemde twee? Hoe het dit betrekking op Rosenthal se ensiklopedie? Ná hierdie sin: "Dit is 'n volledige vertaling van die Engelse Encyclopaedia of Southern Africa," is dié een, wat hoegenaamd niks met die onderwerp van die artikel te make het nie: "Maar volgens Steyn was die staking van die vertaling grootliks toe te skryf aan die duur koste daaraan verbonde om 'n Afrikaanse SESA uit te bring. Morne (kontak) 21:35, 12 September 2015 (UTC)

Het die Standard Encyclopedia of Southern Africa heeltemal niks met die Ensiklopedie van Suidelike Afrika uit te waai nie? Suidpunt (kontak) 22:05, 12 September 2015 (UTC)
Beter geformuleer: is die Standard Encyclopedia of Southern Africa nie die bronteks van die Ensiklopedie van Suidelike Afrika nie? Suidpunt (kontak) 22:08, 12 September 2015 (UTC)
Daar breek my klomp. 'n Gloeilamp blaas. Ek haal dit uit. Suidpunt (kontak) 22:09, 12 September 2015 (UTC)
Heeltemal niks, behalwe seker dat heelwat van die inligting ooreenstem. Morne (kontak) 07:03, 13 September 2015 (UTC)