Gaan na inhoud

Bespreking:Gerrie Pretorius

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
  • Hierdie artikel val onder die wikiprojek Musikale kunstenaars.
  • Vir meer inligting oor hoe om artikels oor musikale kunstenaars te skryf of te verbeter, volg of bespreek die riglyne genoem op bg. skakel.
  • Vir alle bladsye wat tans deur hierdie projek gedek word, sien Kategorie:Wikiprojek Musikale kunstenaars.
  • Om 'n artikel tot hierdie projek te voeg, plaas {{Musikale kunstenaar-artikel}} heel bo-aan die besprekingsbladsy van die betrokke artikel.

Die inhoud kom woordeliks van sy webtuiste af

[wysig bron]

Sy webtuiste: Gerrie Pretorius is nie net een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars nie maar ook een van die jongste kunstenaars nog wat kan do my essay for me spog met 7 platinum toekennings en SAMA genomineerde! Gerrie Pretorius se loopbaan begin ongeveer in 2001 met die vrystelling van Annemarie my skat, ‘n groot treffer wat vir Gerrie se eerste platinum toekenning sorg. Daarna volg nog albums en treffers soos Adio Amore en 7 sondes. Gerrie bewys ook sy veelsydigheid met ‘n Jazz album genaamd Swing (met musiek uit die 1950’s en 1960’s) van mense soos Dean Martin en Frank Sinatra. Gerrie ontvang verskeie toekennings op hierdie album ! Gerrie Pretorius se veelsydigheid en gemak met sy gehoor maak hom baie gewild by die publiek. Hierdie Mosselbaaier tree ook gereeld oorsee op en is al ‘n gereelde gesig in Nederland. Sy mentor, vriend en regisseur is immers, George The, van die groep George Baker Selection Band, wat miljoene cd’s internasionaal verkoop het met treffers soos Paloma Blanca en Babby Blue. Gerrie het ook ‘n cd uitgegee in die laer lande waar hy ‘n duet sing met Anny Schilder voormalige sangeres van BZN. Gerrie het ook bewys dat hy nie van Suid-Afrika se eie legendes vergeet het nie met sy puik huldeblyk produksie aan Bles Bridges. Dit was een van 2007 se grootste sukses stories in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Gerrie Pretorius se voete staan plat op die aarde en is dit vir hom ‘n voorreg om te kan sing vir die mense van Suid-Afrika

Die sogenaamde Wikipedia-artikel: Gerrie Pretorius is nie net een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars nie maar ook een van die jongste kunstenaars nóg wat kan spog met 7 platinum toekennings en 'n SAMA nominasie. Gerrie Pretorius se loopbaan begin ongeveer in 2001 met die vrystelling van Annemarie my Skat, ‘n groot treffer wat vir Gerrie sy eerste platinum toekenning besorg. Daarna volg nog albums en treffers soos Adio Amore en 7 Sondes. Gerrie bewys ook sy veelsydigheid met ‘n Jazz-album genaamd Swing (met musiek uit die 1950’s en 1960’s) van mense soos Dean Martin en Frank Sinatra. Gerrie het verskeie toekennings vir hierdie album ontvang. Gerrie Pretorius se veelsydigheid en gemak met sy gehoor maak hom baie gewild by die publiek. Hierdie Mosselbaaier tree ook gereeld oorsee op en is al ‘n gereelde gesig in Nederland. Sy mentor, vriend en regisseur is immers George The van die groep George Baker Selection Band, wat miljoene cd’s internasionaal verkoop het, met treffers soos Paloma Blanca en Babby Blue. Gerrie het ook ‘n cd uitgegee in die lae lande waar hy ‘n duet sing met Anny Schilder voormalige sangeres van BZN. Gerrie het ook bewys dat hy nie van Suid-Afrika se eie legendes vergeet het nie met sy puik huldeblykproduksie aan Bles Bridges. Dit was een van 2007 se grootste suksesstories in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Gerrie Pretorius se voete staan plat op die aarde en is dit vir hom ‘n voorreg om te kan sing vir die mense van Suid-Afrika Morne (kontak) 20:51, 8 Oktober 2015 (UTC)[antwoord]

Ja, dit lyk of die teks vanaf Pretorius se webuiste geplagieer is. Geen melding word gemaak dat toestemming hiervoor verkry is nie. Die teks moet dus oorgeskryf of verwyder word. Ek sal later hieraan werk. Groete. Frank (kontak) 06:46, 9 Oktober 2015 (UTC)[antwoord]