Bespreking:Modernisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Cscr-featured.svg
Hierdie artikel is deur die gemeenskap geïdentifiseer as een van Wikipedia se spogartikels en het vir die eerste keer tydens week 7 van 2007 op ons voorblad gepryk. Dit beteken egter nie dat die artikel nie verder gewysig kan word nie: voel vry om dit te verbeter of by te werk.

Bloomsbury?[wysig bron]

Fantasties interessante artikel hierdie. Ek wil graag 'n Afrikaanse artikel oor die Bloomsbury Group skryf, en dan sal dit een minder rooi skakel in hierdie artikel beteken. Wat is die beste spelling vir so 'n artikel. Ek sien hier word dit een keer Bloomsbury groep geksryf, en 'n volgende keer Bloomsburygroep. Is daar 'n redenasie daaragter om dit nie met hoofletters in altwee woorde (Bloomsbury Groep) soos die Engelse naam te skryf nie. Tuesdaysarelovely (kontak) 18:43, 16 April 2015 (UTC)[reply]

Die meeste Afrikaanse bronne, wat ek vanaand kon raadpleeg, gee die voorkeur aan Bloomsbury-groep. Bloomsbury Groep is nie juis verkeerd nie, maar in die algemeen gee alle Germaanse tale, behalwe vir Engels, die voorkeur aan aaneengeskrewe vorme of woordverbindings met koppelteken. --Voyageur (kontak) 20:37, 16 April 2015 (UTC)[reply]

Dankie, dan maak ek alles Bloomsbury-groep. Tuesdaysarelovely (kontak) 21:16, 16 April 2015 (UTC)[reply]