Beta Cephei

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Beta Cephei, Alfirk
Red circle.svg
Die ligging van Beta Cephei in die sterrebeeld Cepheus (rooi omsirkel).
Sterrebeeld Cepheus
Spektraaltipe B2IIIev[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h 28m 39.5971s[1]
Deklinasie +70° 33′ 38.578″[1]
Skynmagnitude (m) 3,1438[2]
Absolute magnitude (M) –3,468[2]
B-V-kleurindeks  -0,22[3]
U-B-kleurindeks  -0,95[3]
Besonderhede
Massa (M) 12
Radius (R) 9
Ligsterkte (L) 36 900
Temperatuur (K) 26 700
Eienskappe
Veranderlikheid Beta Cephei-veranderlike
Ander name
Alfirk, 8 Cep, AAVSO 2127+70, AG+70° 738, BD+69 1173, CCDM J21287+7034A, FK5 809, GSC 04465-02643, HD 205021, HIP 106032, HR 8238, SAO 10057, WDS J21287+7034 Aa,Ab.[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Beta Cephei, of β Cep, is ’n ster van die 3de magnitude in die sterrebeeld Cepheus. Die tradisionele naam is Alfirk (Arabies: الفرقة al-firqah), wat "Die Trop" beteken; dit verwys na ’n trop skape. Dié ster, saam met Alpha en Eta Cephei, is deur Ulug Beg Al Kawākib al Firḳ (الكوكب الفرق) genoem: die "Sterre van Die Trop".[4][5] Beta Cephei is die prototipe van die Beta Cephei- veranderlike sterre.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Beta Cephei is ’n driedubbele sterstelsel bestaande uit ’n spektroskopiese dubbelster en ’n metgesel met ’n skynbare magnitude van 8.[6] Die sterre se gesamentlike skynbare magnitude wissel tussen 3,15 en 3,21 met ’n periode van 0,1904844 dae.

Beta Cephei A is ’n bloureus met ’n sterreklassifikasie van B2IIIev.[1] Die "ev" staan vir "spektraalemissies wat veranderlikheid toon". Dié reus het ’n radius van R en ’n massa van 12 M. Soos die meeste klas B-sterre met ’n groot massa, is Beta Cephei ’n relatief jong ster met ’n geraamde ouderdom van 50 miljoen jaar. Beta Cephei A draai stadig om sy as, teen sowat 7 grade per dag – ’n volle rotasie duur sowat 51 dae.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "V* bet Cep -- Variable Star of beta Cep type", SIMBAD Astronomical Object Database (Centre de Données astronomiques de Strasbourg), http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-basic?Ident=bet+cep&submit=SIMBAD+search, besoek op 2010-12-26 
  2. 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007), "Hipparcos, the New Reduction", Astronomy and Astrophysics (Centre de Données astronomiques de Strasbourg) 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V, http://vizier.u-strasbg.fr/viz-bin/VizieR-S?HIP%20106032, besoek op 2010-12-26 
  3. 3,0 3,1 (1986) “Compilation of Eggen's UBV data, transformed to UBV (ongepubliseer)”. Catalogue of Eggen's UBV data.
  4. Allen, R. H. (1963). Star Names: Their Lore and Meaning (Herdruk uitg.). New York: Dover Publications Inc. p. 157. ISBN 0-486-21079-0. Besoek op 2010-12-12. 
  5. Davis Jr., G. A., "The Pronunciations, Derivations, and Meanings of a Selected List of Star Names,"Popular Astronomy, Vol. LII, No. 3, Okt. 1944, p. 16.
  6. Norton, Arthur P. (1973). Norton's Star Atlas. p. 118. ISBN 0-85248-900-5. Fixed. A is a spectroscopic binary. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: Sky map 21h 28m 39.60s, +70° 33′ 39.0″