Blesbokspruit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Blesbokspruit is 'n rivier in Gauteng. Dit ontspring in die omgewing van Daveyton, loop suid en daarna wes verby Springs, Nigel en Heidelberg. Stroomafwaarts sluit dit by die Suikerbosrandrivier, 'n boloop van die Vaalrivier, aan. Hierdie voëlreservaat het met die aanleg van paaie en pyplyne vir die myne in 1930 ontstaan.

'n Gebied van 1848 ha is in 1986 tot Ramsar-vleiland verklaar. Ongelukkig veroorsaak nywerhede in die gebied ongewenste besoedeling.

Die Marievale-voëlreservaat tussen Springs en Nigel is in die gebied.

Lees ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Flag of South Africa.svg Hierdie Suid-Afrika-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.

Koördinate: 26°17′08″S 28°30′06″O / 26.28556°S 28.50167°O / -26.28556; 28.50167