Blinkblaar-wag-’n-bietjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Blinkblaar-wag-’n-bietjie
Ziziphus mucronata, habitus, Phalandingwe.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Z. mucronata
Binomiale naam
Ziziphus mucronata

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata)[1] is ’n boom wat feitlik oor die hele Suider-Afrika voorkom, behalwe Suidwes-Kaap, aan die kus van Namibië, aan die kus van Mosambiek en Suidwes-Botswana. Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp.

Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PvanWyk
  2. "The Buffalo thorn is 2017's Common Tree of the Year". flauna.co.za. Besoek op 4 Junie 2017.