Bloubaardbekkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Bloubaardbekkie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. barbata
Binomiale naam
Nemesia barbata
(Thunb.) Benth.
Sinonieme
  • Antirrhinum barbatum Thunb.
  • Nemesia guthriei Hiern

Die Bloubaardbekkie[1][2] (Nemesia barbata) is 'n plantjie wat endemies is aan die provinsies Noord- en Wes-Kaap van Suid-Afrika van Kamiesberg tot Riversdale. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[3]

Hierdie kruidagtige plant word tot 30 cm hoog. Die teenoorstandige blare het getande rande. Sy leeubekblomme is wit en blou. Dit kom op renosterveldvlaktes en teen hellings voor.[1] Renosterveld word nou net in klein geïsoleerde fragmente aangetref en hierdie spesie is kenmerkend daaraan. Die genetiese verskeidenheid van die spesie is taamlik groot. Dit word nogtans nie deur die fragmentasie negatief beïnvloed nie.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Overberg Renosterveld.
  2. ook:Bloubekkie, Bloukappertjie, Blouselblommetjie, Ferweeltjie, Fluweeltjie (SANBI)
  3. SANBI.
  4. Low impact of fragmentation on genetic variation within and between remnant populations of the typical renosterveld species Nemesia barbata in South Africa Steffen Heelemann et al. Biochemical Systematics and Ecology, 54, 2014 bls. 59-64