Bob Courtney

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bob Courtney
Geboortenaam Christopher Robert Courtney Leaver
Geboorte 25 Oktober 1923
Dorset, Verenigde Koninkryk
Sterfte 23 Oktober 2010
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Bob Courtney (1923–2010) was 'n Suid-Afrikaanse akteur en omroeper. Hy was veral bekend as die "rooinek" in Jamie Uys se rolprente en vir sy programme op die destydse Springbokradio.

Biografie[wysig | wysig bron]

Christopher Robert Courtney Leaver is op 25 Oktober 1923 in Dorset in Engeland gebore. In 1946 emigreer hy na Suid-Afrika en sluit in 1947 by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aan. Hy bied verskeie programme op Springbokradio aan, waaronder "Pick a Box", "Eyegene Jackpot" en "top the Music". In 1996 stig hy en Peter Lotis die radiostasie "Radio Today" vir ouer luisteraars. Hy tree in 2008 af en is op 23 Oktober 2010 op 86-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede.[1]

Filmografie[wysig | wysig bron]

  • Witblits en Peach Brandy, 1978 as kol. Wesley Ashgate
  • Pens en Pootjies, 1974 as beampte by resies
  • The Jackals, 1967 as Dandy
  • The Cape Town Affair, 1967 as kapt. Herrick, veiligheidspolisie
  • Kruger Miljoene, 1967
  • All the Way to Paris, 1966 as Granger J. Wellborne
  • King Hendrik, 1965 as Charles Buckley
  • Dingaka, 1964 as kapelaan in gevangenis
  • Lord Oom Piet, 1962 as Sir David Willoughby
  • Hans en die Rooinek, 1961 as Sidney Spring
  • Summer Love, 1958 as "Half-Note Harris"
  • Rock, Pretty Baby as 1956 "Half-Note Harris"

Verwysings[wysig | wysig bron]