Bob Loubser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bob Loubser Sportportaal
LJ1884.jpg
Bob Loubser
Volle naam Johannes Albertus Loubser
Geboortedatum 6 Augustus 1884
Geboorteplek Durbanville, Suid-Afrika
Sterftedatum 7 Desember 1962 (op 78)
Lengte 1,73 m
Gewig 76,2 kg
Skool Paul Roos Gimnasium
Universiteit Universiteit van Stellenbosch
Beroep Prokureur
Landmeter
Lid van die Volksraad
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Vleuel
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1903-1910
1910
WP
Transvaal
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1903-1910 Suid-Afrika 7 9


Bob Loubser (Johannes Albertus Loubser) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus. Hy is gebore op 6 September 1884 op die plaas Oortmanspost, Durbanville en oorlede op 7 Desember 1962 in Stellenbosch. Hy is die elfde geslag afstammeling van Nikolaus Laubscher van Switserland wat hom 1676 in die Kaap en later op Stellenbosch gevestig het.

Die bynaam “Bob” is afkomstig van ’n bynaam wat deur ’n Engelse goewernante aan hom gegee is vanweë sy voorkoms wat soos dié van Lord Roberts was en die bynaam “Bobs” gehad het.

Rugbyloopbaan[wysig | wysig bron]

Loubser speel vir die SA Rugbyspan in 1903 (toe maar 19 jaar oud), 1906 en 1910, meestal in die posisie van regtervleuel. Hy druk drie drieë in sewe internasionale kragmetings waarvan SA slegs een verloor. Hy druk ’n rekord-aantal van 22 drieë op die 1906-toer na die Britse Eilande. In 2006 hou hy steeds die rekord vir die SA speler wat die meeste doele aanteken tydens ’n oorsese toer.

Hy was die voorsitter van die Stellenbosse rugbyklub. Hy het hegte bande met “Oubaas Mark” Markotter en Danie Craven gehad. Tydens sy rugby-loopbaan was hy 1,73m lank en het 76,2kg geweeg.

Professionele lewe[wysig | wysig bron]

Loubser was 'n prokureur in Laingsburg. Hy was 'n landmeter te Germiston en Stellenbosch, lid van die Volksraad (debuut-toespraak is ’n pleidooi vir ’n woordeboek in Afrikaans), lid van die Landbank, en stigterslid van die Burgerlike Beskermingsvereniging van Stellenbosch.

Persoonlik[wysig | wysig bron]

Hy was woonagtig in Dorpstraat 157, Stellenbosch (Tans ’n nasionale monument, bekend as die “Loubser-huis”).

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  • Schoeman (C.) "Seasons of glory, the life and times of Bob Loubser," 156pp., sagteband, Kaapstad, 1999.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]