Bobbejaan-se-dood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Bobbejaan-se-dood
Sansevieria pearsonii pm.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
S. pearsonii
Binomiale naam
Sansevieria pearsonii
N.E.Br.
Sinonieme
  • S. deserti N.E.Br.[1]
  • S. rhodesiana N.E.Br.

Bobbejaan-se-dood of gemsbokhoring (Sansevieria pearsonii) is inheems aan Suid-Afrika. Dit kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Dit is 'n meerjarige vetplant wat 1 m hoog kan word en 'n waaier van harde, geribde, silindriese blare het wat mekaar naby die grond oorvleuel. Die blare het 'n skerp punt. Die plant kry are van geurige, roomkleurige blommetjies wat gewoonlik in die nag oop is. Die vrugte is groot oranje bessies wat deur die voëls gewaardeer word. Dit groei goed in die skaduwee of halfskaduwee.[3] Die plant groei en versprei vanuit 'n wortelstok en kan groot kolonies vorm. Die blare word geoes omrede dit sterk vesels bevat wat tot tou verwerk word.[4]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]