Bobby & Karlien – In Jou Skoene

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bobby & Karlien - In Jou Skoene
Genre Realiteit
Aangebied deur Bobby en Karlien van Jaarsveld
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 1
Aantal episodes 13
Produksie
Looptydperk 48 minute (omtrent)
Uitsending
Oorspronklike kanaal VIA
Oorspronklike lopie 11 Januarie 2017 (2017-01-11)

Bobby & Karlien – In Jou Skoene is 'n realiteitsreeks wat van 11 Januarie 2017 af op VIA (DStv kanaal 147) uitgesaai is. Die bekende broer en suster Bobby en Karlien van Jaarsveld laat hul luukse lewe agter om 48 uur in iemand wie se wêreld te bestee wat hemelsbreed van hulle s’n verskil.

Die reeks se première was op Woensdag 11 Januarie 2017 om 20h30.

Reekse[wysig | wysig bron]

Reeks Episodes Oorspronklik uitgesaai
Eerste uitgesaai Laaste uitgesaai
1 13 11 Januarie 2017 (2017-01-11) 5 April 2017 (2017-04-05)

Episodes[wysig | wysig bron]

Reeks 1 (2017)[wysig | wysig bron]

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
11Abraham Kriel-kinderhuis – Bobby en Karlien loop 48 uur lank in die skoene van die kinders by die Abraham Kriel-kinderhuis.11 Januarie 2017 (2017-01-11)
22Vernon Barnard – Bobby stap twee dae lank in Vernon Barnard van The Voice-faam se skoene. Karlien is sy gids vir die twee dae.18 Januarie 2017 (2017-01-18)
33Elandspoort – Bobby en Karlien vat die pad na Elandspoort naby Danville om twee dae in die woonbuurt vir minderbevoorregtes deur te bring.25 Januarie 2017 (2017-01-25)
44Bingo Ramatsetse – Karlien bring twee dae saam met haar huishulp, Bingo, in die township Ramokgeletsane deur.1 Februarie 2017 (2017-02-01)
55Andries Douglas – Bobby se vrou, Annatjie, stuur hom Ceres toe om 48 uur lank op die spore van die polisieman en karate-instrukteur Andries te loop.8 Februarie 2017 (2017-02-08)
66Vrouepadwerkers – Bobby en Karlien vat die pad Kaapstad toe om 48 uur lank in die skoene van vrouepadwerkers te stap.15 Februarie 2017 (2017-02-15)
77Renosterstroper-eenheid – Bobby vat die pad Magaliesburg toe om 48 uur lank in die skoene van 'n renosterstroper-eenheid te loop.22 Februarie 2017 (2017-02-22)
88Bikers vir Mandela-dag – Bobby en Karlien klim op motorfietse om Madiba se nalatenskap te volhou en 67 minute lank organisasies te help.1 Maart 2017 (2017-03-01)
99El-Shammah Home for Abandoned Babies – Die broer en suster word uitgedaag om in die skoene van JacarandaFM se Good Morning Angels-span te loop.8 Maart 2017 (2017-03-08)
1010Ouetehuis – Bobby en sy vrou, Annatjie, gaan kuier vir twee dae by 'n ouetehuis in Riversdal.15 Maart 2017 (2017-03-15)
1111Project Flamingo – Karlien loop in die spore van 'n jong, inspirerende dokter by die Groote Schuur-hospitaal wat 'n groot impak op die gemeenskap het.22 Maart 2017 (2017-03-22)
1212Kleuterskool – Bobby en Karlien word vir die dag kleuterskool-onnies by 'n skool in 'n woonwapark.29 Maart 2017 (2017-03-29)
1313Terugflits – Bobby en Karlien kyk terug op al die oomblike deur die loop van die reeks.5 April 2017 (2017-04-05)