Boerboel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Boerboel
HuntHillBoerboelsGunston1.jpeg
Boerboelreun met stomp stert
Ander nameSouth African Mastiff
OorsprongSuid-Afrika
Kenmerke
Massa Reun 65-80 kg
Teef 50-65 kg
Hoogte 60-70 cm
Pels kort, dig, sag, glad en blink
Kleur met of sonder gesigmasker: bruin, vaal, rooi, gestreep, gevlek en Iers
Klassifikasiestandaarde
AKC Werker standaard
UKC Waghond standaard
Hond (Canis lupus familiaris)
'n Boerboel se kenmerkende gesig.

'n Boerboel is 'n Suid-Afrikaanse hond wat spesifiek vir waghonddoeleindes geteël is. Die honde is geskiedkundig aangehou vir beskerming teen aanvalle van wilde diere.

Rasgeskiedenis[wysig | wysig bron]

Boerboelle is die enigste honde wat uitsluitlik in Suid-Afrika geteel is as waghonde. Dit word algemeen aanvaar dat die ras se oorsprong 'n kruis is tussen inheemse honde uit Afrika en spesies wat ingevoer is tydens die Europese vestiging in die Kaap.[1] De Beers het in 1928 bullmastiff honde ingevoer om die myne te bewaak, welke ras ook gekruis was met boerboelle. [1]

Voorkoms en karaktereinskappe[wysig | wysig bron]

'n Geregistreerde boerboel.

Hoewel daar verskeie verenigings bestaan wat boerboelle registreer, elk met hul eie rasstandaarde, is daar 'n algemene konsensus oor die mees opvallende aspekte.[1] [2]

Die boerboel is ’n groot hond met 'n indrukwekkende en ontsaglike, kragtige voorkoms. Die hond het 'n prominente en goed ontwikkelde spierstelsel met veerkragtige beweging. Die vel is dik, los met matige plooie op die voorkop. Die pels is kort en glad, met ’n digte haarbedekking oor die hele hond. Die erkende kleure is alle skakerings van geel, bruin, briekwa, of swart.

Die boerboel se kop is kort, breed, diep, blokkig en gespierd en met goed gevulde wange en kan swart gemaskerd wees.

Die mees gesogde karaktereienskap is die boerboel se getrouheid en gewilligheid om sy familie te beskerm (beskermingsdrang) as gevaar dreig. Ander eienskappe is gehoorsaamheid en intelligensie, met 'n selfversekerde en vreeslose houding.

Beperkings in die res van die wêreld[wysig | wysig bron]

  • In 2002 het Roemenië die invoer van die Boerboel verbied en die eienaarskap van die hond beperk.[3]
  • In 2010 is die Boerboel verban in Denemarke omdat dit 'n veghond sou wees.[4]
  • In 2011 het Rusland die Boerboel as 'n besonder gevaarlike ras aangewys, onderhewig aan verpligte registrasie en sertifisering.[5]
  • Die Oekraïne het die Boerboel as 'n gevaarlike hond geklassifiseer, onderworpe aan verpligte mikroskyfie, muilband en siviele aanspreeklikheidsversekering.[6]


Boerboele word ook verbied of beperk in

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 "Breed standard (Appendix A)" (PDF). Sabt.co.za. Besoek op 2012-09-18.
  2. "Boerboel International". Boerboelinternational.eu. Besoek op 2012-09-18.
  3. "List of Banned Dogs by Countries". petolog.com. Besoek op 2015-07-28.
  4. Ritzau /Nyheder, Mette Pedersen (2011-01-19). "Ekstra Bladet - 13 kamphunde forbydes". Ekstrabladet.dk. Besoek op 2012-09-18.
  5. https://petolog.com/articles/banned-dogs?CODE=banned-dogs#russia/
  6. "List of Banned Dogs by Countries". petolog.com. Besoek op 2015-08-03.
  7. "Pet Breeds unable to travel in Europe". www.viajedemascotas.com. Besoek op 2015-08-03.
  8. "U.S. List of Banned Breeds". www.terrificpets.com. Besoek op 2015-08-03.
  9. Moore, Caitlin. "Moving Pets to Malaysia: Importing Pets to Sabah and Sarawak | PetRelocation.com". Besoek op 2015-08-03.
  10. "Importing a cat or dog - Doha Family - Autumn 2014". www.dohafamily.com. Besoek op 2015-08-03.
  11. "Banned Dog Breeds in Switzerland - Documents". Besoek op 2015-08-03.
  12. "Mauritius Pet Passport - Current Dog and Cat Import Requirements". www.pettravel.com. Besoek op 2015-08-03.
  13. "Banned, restricted dogs breed reminder |The Royal Gazette:Bermuda News". Besoek op 2015-08-03.
  14. "List of Banned Dogs by Countries". petolog.com. Besoek op 2015-08-03.
  15. "IATA - Tunisia Customs, Currency & Airport Tax regulations details". www.iatatravelcentre.com. Besoek op 2015-08-03.
  16. "It is prohibited to import the following dogbreeds to the Faroe Islands" (PDF).[dooie skakel]
  17. "Turks Caicos Pet Passport - Current Dog and Cat Import Requirements". www.pettravel.com. Besoek op 2015-08-03.